Rooistert-ghieliemientjie
Die Rooistert-ghieliemientjie (Barbus gurneyi) is 'n varswater vis wat voorkom in KwaZulu-Natal. In Engels staan dit bekend as die Redtail barb.
Rooistert-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. gurneyi
|
Binomiale naam | |
Barbus gurneyi Günther, 1868
|
Voorkoms
wysigDie vis is bruin en die skubbe het donker rante. Daar is 'n dun donker band op die sye tot by die basis van die stert. Die vinne is liggeel. Die vis word tot 100 mm lank. Daar is twee pare baarde by die mond.
Verspreiding
wysigDie vis kom voor in die Umtamvunarivier en verder noordwaarts tot by die Tugelarivier in KwaZulu-Natal.
Habitat
wysigDie vis leef in water wat tussen 300 – 1000 m hoog is bo seevlak. Hulle verkies helder strome om in te leef.
Algemeen
wysigDie vis is geskik vir koue water akwariums en visdammetjies.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1