Strepie
Die strepie (Sarpa salpa) is 'n vis wat aangetref word aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus, maar ook noordwaarts tot in die Middellandse See. Aan die suidkus staan dit ondermeer ook as die mooinooientjie bekend. In Suid-Afrikaanse Engels word dit strepie, bamboo-fish of stinkfish genoem.[1]
Strepie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Sarpa
|
Spesie: | S. salpa
|
Binomiale naam | |
Sarpa salpa (Linnaeus, 1758)
|
Verspreiding
wysigIn die suide word dit veral aangetref vanaf Kaapstad tot by Maputo, maar noordwaarts is dit ook plek-plek te vinde langs die wes-Afrikaanse kuslyn tot in die Middellandse See.
Voorkoms
wysigDie vis is silwer van kleur met 8-10 geel strepies oor die sye van die vis. Die gemiddelde groote van die vis is 20 cm maar kan tot 30 cm/1.3 kg groot word.
Habitat
wysigDie vis hou meer in die vlak water en in getypoele en seegras-beddings in strandmere. Hulle word normaalweg manlik gebore en verander hul geslag na vroulik na ongeveer twee jaar. Hulle skiet kuit van April tot September in KwaZulu-Natal.
Benutting
wysigDie vis is eetbaar wanneer dit nog vars is, maar word hoofsaaklik gebruik vir aas.
Sien ook
wysigBronne
wysig- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
wysig- http://www.fishbase.org/summary/Sarpa-salpa.html
- http://eol.org/pages/205278/overview Geargiveer 16 Junie 2015 op Wayback Machine
- ↑ mooi nooitje, noun phrase, DSAE Dictionary of South African English