Schweizer-Reneke
Schweizer-Reneke is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.
Schweizer-Reneke Mamusa | |
---|---|
Klas 19-stoomlokomotief in Schweizer-Reneke | |
Koördinate: 27°11′0″S 25°20′0″O / 27.18333°S 25.33333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr. Ruth Segomotsi Mompati |
Munisipaliteit | Mamusa |
Stigting | 1885 |
Oppervlak | |
• Totaal | 22,75 km2 (8,78 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 41 226 |
• Digtheid | 1 812/km2 (4 690/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 4.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 2.4% |
• Swart mense | 92.5% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 86.2% |
• Afrikaans | 5.8% |
• Sotho | 2.2% |
• Engels | 1.8% |
• Ander | 4.0% |
Poskode (strate) | 2780 |
Poskode (posbusse) | 2780 |
Skakelkode | 053 |
Geskiedenis
wysigDie dorp is in 1885 gestig op die plek van 'n inheemse nedersetting, Mamusa. Dit is vernoem na kaptein Schweizer en veldkornet Renecke, wat in 1885 tydens 'n ekspedisie teen die plaaslike stam om die lewe gebring is. Daar was gevegte in die omgewing tydens die Anglo-Boereoorlog, toe onder meer die NG kerkpastorie van ds. G.F.C. Faustmann, eerste leraar van die plaaslike gemeente, afgebrand is.
Distrik
wysigDie distrik is 4 065 km2 groot. Vandag is dit 'n boerderysentrum met mielies, sorghum, grondbone en sonneblomsaad die belangrike produkte wat verbou word. Die Wentzeldam in die Hartsrivier is net noord van die dorp.
Bekende boorlinge en inwoners
wysig- Eveleen Castelyn, digter
- Wynand Claassen, oud-Springbokkaptein.
- Ahmed Kathrada, politikus
- Elisabeth Eybers, digter
- Irma Stern, skilder
- Essop Pahad, politikus
Sien ook
wysigBronne
wysig- Eric Rosenthal: Encyclopaedia of Southern Africa, Kaapstad en Johannesburg: Juta and Company Limited, 1978.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Schweizer-Reneke". Sensus 2011.