Sentraal-Afrikaanse Republiek
Die Sentraal-Afrikaanse Republiek (kort SAR; Sango: Ködörösêse tî Bêafrîka; Frans: République centrafricaine, [ʁepyblik sɑ̃tʁafʁikɛn] of Centrafrique, [sɑ̃tʁafʁik]) is 'n landingeslote land in Sentraal-Afrika net noord van die ewenaar. Dit grens aan Tsjad in die noorde, Soedan en Suid-Soedan in die ooste, die Republiek die Kongo en die Demokratiese Republiek die Kongo in die suide, en Kameroen in die weste. Die Sentraal-Afrikaanse Republiek beslaan 'n oppervlakte van 622 984 km² en het 'n bevolking van 4 666 368 in 2018 gehad. Die hoofstad en grootste stad van dié land is Bangui en is in die suide langs die Ubangirivier net noord van die grens tot die Demokratiese Republiek die Kongo geleë.
| |||||
Nasionale leuse: Unité, Dignité, Travail (Frans vir: "Eenheid, Waardigheid, Arbeid") | |||||
Volkslied: E Zingo (Sango) La Renaissance (Frans) (Afrikaans: "Die Renaissance") | |||||
Hoofstad | Bangui | ||||
Grootste stad | Bangui | ||||
Amptelike tale | Frans en Sango | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Faustin-Archange Touadéra Félix Moloua | ||||
Onafhanklikheid | 13 Augustus 1960 4 Desember 1976 21 September 1979 27 Maart 2016 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
622 984 km2 (44ste) 240 535 myl2 12 | ||||
Bevolking - 2018-skatting - 2003-sensus - Digtheid |
4 666 368[1][2] (119de) 3 895 139[3] 7,1 / km2 (221ste) 18,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,397[5] (188ste) – laag | ||||
Gini (2008) | 56,2[6](6de) – hoog | ||||
Geldeenheid | CFA-frank (XAF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .cf | ||||
Skakelkode | +236 |
Die grootste deel van die SAR bestaan uit Soedano-Guinese savanne maar sluit ook 'n Sahelo-Soedannese gebied in die noorde en 'n reënwoudgebied in die suide in. Twee derdes van die land lê in die bekkens van die Ubangirivier, wat suid in die Kongorivier invloei, terwyl die oorblywende derde in die bekken van die Sharirivier, wat noord in die Tsjadmeer invloei, lê. Aangesien die grootste deel van die landgebied in die Ubangi- en Sharirivierbekkens geleë is, het die Franse die kolonie wat dit in die gebied uitgekerf het Ubangi-Shari, of Oubangui-Chari in Frans, genoem. Die Franse kolonie Ubangi-Shari word in 1958 'n semi-outonome gebied binne die Franse Unie en 'n onafhanklike nasie op 13 Augustus 1960. Jean-Bédel Bokassa het vanaf 1966 tot 1976 as die tweede president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek gedien, voordat hy homself in 1976 tot keiser van die Sentraal-Afrikaanse Keiserryk verklaar het. Dit het egter net vir drie jaar bestaan.
Vir drie dekades na onafhanklikheid is die SAR regeer deur presidente wat nie op werklik demokratiese wyse verkies is nie of wat die mag met geweld oorgeneem het. Die eerste regverdige demokratiese verkiesings word 1993 gehou en stel Ange-Félix Patassé tot bewind, maar president Patassé se regering word in 2003 deur generaal François Bozizé omvergewerp. Generaal Bozizé wen in Mei 2005 'n demokratiese verkiesing en word op 24 Maart 2013 deur die Séléka-koalisie omvergewerp. Sedert 2016 dien Faustin-Archange Touadéra as president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "World Population prospects – Population division". Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling. Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 9 Februarie 2022.
- ↑ (en) "Overall total population – World Population Prospects: The 2019 Revision" (xslx). Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (custom data acquired via website). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 9 Februarie 2022.
- ↑ (en) "Live Central African Republic population (2017). Current population of Central African Republic — Countrymeters". countrymeters.info. Besoek op 9 Februarie 2022.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Central African Republic". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 9 Februarie 2022.
- ↑ (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 9 Februarie 2022.
- ↑ (en) "Central African Republic". Wêreldbank. Besoek op 9 Februarie 2022.
Bronne
wysig- Algemeen
- (en) "Central African Republic". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Februarie 2022.
- (en) "Central African Republic". Central Intelligence Agency. Besoek op 9 Februarie 2022.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sentraal-Afrikaanse Republiek.
- (en) Toerisme-inligting oor Sentraal-Afrikaanse Republiek op Wikivoyage