Silwerkarp
Die Silwerkarp (Hypophthalmichthys molitrix) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Amoer- en Yangtzeriviere in Asië en in 1975 in Suid-Afrika losgelaat is. In Engels staan die vis bekend as die Silver carp.
Silwerkarp | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. molitrix
|
Binomiale naam | |
Hypophthalmichthys molitrix (Valenciennes, 1844)
|
Voorkoms
wysigDie vis se lyf is silwer, groenerig grys aan die bokant en witterig aan die onderkant. Die oë is laer as die bek en die kop is groot. Die vis kan tot 1 m lank word.
Habitat
wysigDie vis leef in staande of stadigvloeiende water en vreet hoofsaaklik plankton. Hulle beweeg ook stroomop om te broei; die eiers en larwes dryf dan stroomaf. Die vis is bekend vir sy spronge uit die water. Die vis kom voor in die Olifants-Limpoporivier-stelsels in Suid-Afrika.
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Hypophthalmichthys molitrix. |
Bron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1