Slymvis
Die Slymvis (Leiognathus equulus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika voorkom vanaf die Rooisee tot by die Groot-Visrivier. In Engels word die vis Slimy genoem.
Slymvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Leiognathus
|
Spesie: | L. equulus
|
Binomiale naam | |
Leiognathus equulus (Forsskål, 1775)
|
Voorkoms
wysigDie vis se kop en lyf is silwer met dowwe lyne aan die bokant van die sylyn. Die anale, pektorale en bekken vinne is almal dofgeel. Die vis word tot 25 cm lank.
Habitat
wysigDie vis verkies sagte bodems van tot 40 m diep om in te leef en eet bodem skaaldiere. Die onvolwasse visse leef in riviermondings en eet planktoniese skaaldiere. Die vis skiet kuit gedurende Oktober tot Maart langs die kus van KwaZulu-Natal. Die vis word hoofsaaklik gebruik as aas.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7