Geneesblaarboom
(Aangestuur vanaf Solanum giganteum)
Die geneesblaarboom (Solanum giganteum) is 'n doringagtige struik of boom wat deel is van die Solanaceae familie. Die plant groei op berghellings of oop kolle in woude. Die blare is donkergroen, ellipties en gaafrandig.
Geneesblaarboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Solanales |
Familie: | Solanaceae |
Genus: | Solanum |
Spesie: | S. giganteum
|
Binomiale naam | |
Solanum giganteum Jacq., (1791)
| |
Sinonieme | |
Sien teks. |
Verspreiding
wysigDie spesie is inheems in Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Indië, Kameroen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sri Lanka, Soedan, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe. In Suid-Afrik kom dit noordwaarts vanaf Knysna voor, is afwesig in die sentrale grasveld en weswaarts tot by Mahikeng.
Die boom se FSA-nommer is 669.4.[1]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online