Steers
Steers is 'n kitskosrestaurantkonsessie wat sy oorsprong in Suid-Afrika het. Dit verkoop hoofsaaklik vlamgebraaide biefburgers, hoenderburgers en braairibbetjies saam met gaskoeldranke, slaptjips en ander kossoorte.
Steers | |
Tipe | Konsessie |
---|---|
Gestig | 1960's |
Hoofkantoor | Midrand, Gauteng, Suid-Afrika |
Liggings | 525 |
Gebied bedien | Afrika |
Industrie | Voedsel en drank |
Produkte | Kitskos |
Moedermaatskappy | Famous Brands Ltd |
Webwerf | steers.co.za |
Steers het in die 1960's tot stand gekom, nadat die stigter van die maatskappy, George Halamandaris, die Verenigde State besoek en die besluit geneem het om die kitskos-idee na Suid-Afrika te bring. Die eerste Steers-restourant het sy deure in Jeppe, Johannesburg, in 1970 geopen. Die saak het uitgebrei, gepaardgaande met deurry(drive-thru)-restaurante wat in 1997 bekend gestel is, sowel 'n afleweringsdiens vanaf 2008. Steers is nou dwarsoor Suid-Afrika versprei, sowel as in sewentien ander lande in Afrika en Europa.
Die Steers Holdings Group is in 1994 op die JSE Sekuriteitebeurs genoteer, met aandele wat 165c bereik het. Vanaf 2006 is hierdie aandele 400c werd. Die aandelemaatskappy is later na Famous Brands hernoem, wat ander kettingrestaurante soos Wimpy, Debonairs Pizza, FishAways, House of Coffees, Brazilian, Market Café, Whistle Stop en Tashas insluit. Vanaf 1985 word Steers se kleinhandelprodukte, soos hul souse, in Suid-Afrikaanse supermarkte verkoop.
Verkoopsleuses
wysig- Real food made real good
- Flame grilled, it just tastes better
- It's that Good (tans)
Produkte
wysigSteers werk binne die hoëvlaknis van die Suid-Afrikaanse kitskosbedryf en verkoop kos wat gewoonlik duurder is en meer voorbereidingstyd verg.
Steers verkoop oorwegend bief-, groente- en hoenderburgers, toebroodjies, slaptjips, gaskoeldranke, en nageregte, hoewel die fokus meer op gekombineerde etes en winskopies val, soos die:
- Breakfast on the run (in 'n pita bedien: spek, eiers, kaas, tamatie of kaas, eier en gebraaide uie)
- Good Guy ('n vlamgebraaide burger met aartappeltjips)
- Hunga Busta
- King-size deal (op 'n broodbolletjie met aartappeltjips bedien: Twee vlamgebraaide beesvleisflappies, twee skywe kaas, tamatie en spesiale Steerssous)
- Wacky Wednesday
Onder Suid-Afrikaanse gebruikers is Steers veral bekend vir sy “Wacky Wednesday” spesiale aanbiedinge; 'n “twee vir die prys van een” burgerwinskopie word slegs op Woensdae verkoop. Die manier hoe die “Wacky Wednesday” bedien word, wissel maandeliks.
Internasionale takke
wysig- Angola
- Botswana
- Eswatini
- Ivoorkus
- Kenia
- Malawi
- Mauritius
- Mosambiek
- Namibië
- Nigerië
- Portugal
- Senegal
- Suid-Afrika
- Soedan
- Tanzanië
- Uganda
- Verenigde Arabiese Emirate [1]
- Verenigde Koninkryk - Steers het hulle eerste tak in die Verenigde Koninkryk by Clapham Junction in Julie 2013 geopen[2]
- Zambië
- Zimbabwe
Sien ook
wysig- Lys van vername restaurante in Suid-Afrika
- Blacksteer, 'n nie-verwante restaurantgroep
Eksterne skakels
wysigVerwysings
wysig- ↑ www.steersme.com/find-a-steers Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine Besoek op 13 Junie 2015
- ↑ www.steers.uk.com/locations Geargiveer 18 Junie 2015 op Wayback Machine Besoek op 13 Junie 2015
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |