Sterkspruit
Sterkspruit is 'n dorp in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Sterkspruit is naby die Lesothogrens en ongeveer 45 km van Zastron en 80 km vanaf Aliwal-Noord geleë. Die dorp ontleen sy naam aan die Sterkspruit wat deur die dorp vloei voor dit verder noord in die Oranjerivier uitmond.
Sterkspruit | |
---|---|
Brug oor die Oranjerivier naby Sterkspruit | |
Koördinate: 30°31′26″S 27°22′12″O / 30.52389°S 27.37000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Joe Gqabi |
Munisipaliteit | Senqu |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,02 km2 (1,55 vk. myl) |
Hoogte | 1 449 m (4 754 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 893 |
• Digtheid | 471/km2 (1 220/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.4% |
• Indiërs/Asiërs | 2.1% |
• Bruin mense | 0.9% |
• Swart mense | 96.2% |
• Ander | 7.0% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 73.5% |
• Sotho | 14.2% |
• Engels | 4.3% |
• Afrikaans | 1.0% |
• Ander | 7.0% |
Poskode (strate) | 9762 |
Poskode (posbusse) | 9762 |
Skakelkode | 051(-611-) |
Behalwe vir die verskeidenheid van winkels en vele besighede in die dorp, is daar ook die Empilisweni Distrikshospitaal, 'n openbare regeringsbefondsde en -bestuurde distrikshospitaal. Dit is 'n vlak 1-hospitaal met 93 bruikbare beddens. Aangesien dit so naby aan die Lesotho- en die Vrystaatgrens is, maak hierdie groot hospitaal ook gesondheidsdienste beskikbaar aan oorgrensbesoekers van Sterkspruit.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Sterkspruit". Sensus 2011.