Streepstert-nooientjie
visspesie
Die streepstert-nooientjie (Abudefduf sexfasciatus) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Stripetail damsel.
Streepstert-nooientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. sexfasciatus
|
Binomiale naam | |
Abudefduf sexfasciatus (Lacepède, 1801)
| |
Sinonieme | |
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 19cm lank en sy lyf is blougroen aan die bokant en wit aan die sye en op die pens. Daar is 5 swart vertikale sterpe oor die sye. Die gevurkte stertvin se rante is swart. Die vis leef in rots kusareas en koraalriwwe in water wat 1 tot 15m diep is. Hier kom hulle gewoonlik in groepe voor bokant die rif. Hulle vreet soöplankton, klein skaaldiere en alge.
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3