Synodontidae
Synodontidae (Akkedisvisse) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Aulopiformes. Daar is drie genera met 56 spesies wat hoort tot dié familie en 10 van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Synodontidae | |
---|---|
Synodus intermedius | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Superfilum: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Synodontidae T. N. Gill, 1862
|
Genera | |
Kenmerke
wysigDie familie het silindriese lywe en daar is 'n klein vetvin teenwoordig bokant die anaalvin. Die bek is lank en strek verby die oë. Die tande lyk soos naalde en die familie word tussen 15–53 cm lank. Hulle leef op sand- of rotsbodems, ook in koraalriwwe tot op 'n diepte van 200 m. Die familie is goed gekamoefleer en begrawe hulle onder die sand sodat net die oë uitsteek.
Genera
wysigDie volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Saurida
- Saurida gracilis - Gespikkelde akkedisvis
- Saurida undosquamis - Grootskub-akkedisvis
- Synodus
- Synodus binotatus - Kolneus-akkedisvis
- Synodus dermatogenys - Bont-akkedisvis
- Synodus indicus - Indiese akkedisvis
- Synodus jaculum - Swartstert-akkedisvis
- Synodus variegatus - Rooistreep-akkedisvis
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Synodontidae. |
Bron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
- Froese, Rainer, en Daniel Pauly, eds. (2008). "Synodontidae" in FishBase. Desember 2008-weergawe.