Afrikaanse knorhaan
visspesie
(Aangestuur vanaf Trigloporus lastoviza)
Die Afrikaanse knorhaan (Trigloporus lastoviza) is 'n vis wat voorkom aan die suidelike kus van KwaZulu-Natal en die kus van die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die African gurnard.
Afrikaanse knorhaan | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Trigloporus J.L.B. Smith, 1934
|
Spesie: | T. lastoviza
|
Binomiale naam | |
Trigloporus lastoviza (Bonnaterre, 1788)
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 60cm lank. Die lyf is gevlek met rooi, bruin en wit skakerings. Die pektorale vinne het skouspelagtige blou, helder vlekke op op 'n groen agtergrond. Die bokant van die kop is soms ligpers. Hulle leef in aflandige riwwe en sanderige areas in water wat 25 tot 150m diep is. Die visse is alleenlopers en lê op die bodem en wag om skaaldiere te vang.
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3