Veelbalk-sitarien
varswater vis
Die veelbalk-sitarien (Hemigrammocharax multifasciatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Okavango-, Kunene- en Kafueriviere. Dit kom ook in die Kongorivierstelsel voor. In Engels staan die vis ook bekend as die Multibar citharine.
Veelbalk-sitarien | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. multifasciatus
|
Binomiale naam | |
Hemigrammocharax multifasciatus |
Voorkoms
wysigDie vis het 'n onvolledige sylyn en die lyf is slank en plat met 'n gepunte kop; die oë is relatief groot. Die vis is deurskynend, lig olyfkleurig met 16–25 vertikale strepe op die lyf en daar is 'n swart kol op die basis van die stertvin. Die vis word 45 mm lank.
Habitat
wysigDie vis verkies water met baie plantegroei in of vlak mere. Hulle vreet klein ongewerweldes en wortels van plante en broei in die somer.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Pellegrin, J., 1923. Les poissons des eaux douces de l'Afrique occidentale (du Sénégal au Niger). Gouv. Gén. L'Afrique Occ. Fr., Pub. Cm. D'Etud. Sci. Paris: 1-373.
- ↑ BioLib (en)
- ↑ Boulenger, G. A., 1923. Descriptions of three new fresh-water fishes from northern Rhodesia. Ann. S. Afr. Mus. v. 13 (pt 7, núm. 13): 437-438.
Bron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1