Vidarbha-krieketverenigingstadion
Die Vidarbha-krieketverenigingstadion (Engels: Vidarbha Cricket Association Stadium), ook bekend as New VCA Stadium, is 'n krieketstadion in Nagpur, Maharashtra, Indië. Dit is die grootste krieketstadion in Indië in terme van veldarea, en die eienskappe van die stadion is deur die Internasionale Krieketraad aangeprys.
Vidarbha-krieketverenigingstadion | ||
Ligging | Nagpur, Maharashtra, Indië | |
---|---|---|
Koördinate | 21°00′48.86″N 79°02′22.57″O / 21.0135722°N 79.0396028°O | |
Eienaar | Vidarbha-krieketvereniging | |
Operateur | Vidarbha-krieketvereniging | |
Kapasiteit | 45 000[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 2008 | |
Argitek | Shashi Prabhu[2] | |
Huurders | ||
Vidarbha-krieketspan |
Die stadion is by Jamtha aan die suidelike buitewyke van Nagpur geleë en is in 2008 ingewy, wat die ou Vidarbha-krieketverenigingterrein as die stad se hoofstadion vervang het. Die VCA-stadion is die tuisveld vir die Vidarbha- en Sentrale Zone -krieketspanne vir onderskeidelik die plaaslike Ranjitrofee- en Duleeptrofee-toernooie. Vanaf Januarie 2020 het dit meer T20I-wedstryde (12) aangebied as enige ander stadion in Indië. Vanaf 10 November 2019 het dit ses toetse, nege eendagwedstryde en twaalf T20I-wedstryde aangebied.
Verskeie formaatrekords
wysigToetsrekords
wysig- Hoogste spantotaal: 610/6 v., deur Indië teen Sri Lanka in 2017/18.
- Laagste spantotaal: 79, deur Suid-Afrika teen Indië in 2015/16.
- Hoogste individuele telling: 253 n.u.n., deur Hashim Amla (Suid-Afrika) teen Indië in 2010/11.
- Beste boulwerk in 'n beurt: 8/215, deur Jason Krejza (Australië) teen Indië in 2008/09.
- Meeste lopies aangeteken deur 'n speler: Virendar Sehwag 357.
- Meeste paaltjies geneem: Ravichandran Ashwin 27.
EDI-rekords
wysig- Hoogste spantotaal: 354/7, deur Indië teen Australië in 2009/10
- Laagste spantotaal: 123, deur Kanada teen Zimbabwe op 28 Februarie 2011.
- Hoogste individuele telling: 156, deur George Bailey teen Indië in 2013/14.
- Meeste lopies aangeteken deur 'n speler: Virat Kohli – 325 lopies, gevolg deur MS Dhoni – 268 lopies en Rohit Sharma – 204 lopies.
- Beste boulwerk in 'n beurt: 4/33, deur Mitchell Johnson teen Nieu-Seeland in Februarie 2011.
- Meeste paaltjies geneem: Mitchell Johnson – 9 paaltjies en Ravindra Jadeja – 6 paaltjies.
T20I-rekords
wysig- Hoogste spantotaal: 219/5, deur Sri Lanka teen Indië in 2009/10.
- Laagste spantotaal: 79/10, deur Indië teen Nieu-Seeland in 2016/17.
- Hoogste individuele telling: 81, deur Mohammad Naim teen Indië in 2019/20.
- Beste boulwerk in 'n beurt: 6/7 deur Deepak Chahar teen Bangladesj in 2019/20.
Fotogalery
wysig-
Velduitsig
-
Die telkaart- en reuseskermkontrolekamer
-
VCA in die aand
-
Die korporatiewe losie in die noordvleuel
Wedstryde
wysigT20I-wêreldbeker 2016
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: T20I-wêreldbeker 2016.
t
|
||
- Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 76 lopies in tien boulbeurte vir Skotland.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Vidarbha Cricket Association Stadium". ESPNcricinfo. Besoek op 17 November 2023.
- ↑ (en) Rajaram, Sowmya (27 Maart 2011). "Going for WC finals? You've bought backache and discomfort for Rs 12,500". Mid-day.com. Besoek op 13 Desember 2012.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vidarbha-krieketverenigingstadion.
- (en) Vidarbha-krieketverenigingstadion op ESPNcricinfo