Viljoenskroon
Viljoenskroon is 'n landboudorp in die Noord-Vrystaat, Suid-Afrika. Die dorp is 53 km suidwes van Vredefort geleë.
Viljoenskroon | |
---|---|
Koördinate: 27°12′40″S 26°56′58″O / 27.21111°S 26.94944°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Fezile Dabi |
Munisipaliteit | Moqhaka |
Oppervlak | |
• Totaal | 12,67 km2 (4,89 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 091 |
• Digtheid | 165/km2 (430/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 67.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 0.8% |
• Swart mense | 28.6% |
• Ander | 2.0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 66.7% |
• Sotho | 19.3% |
• Engels | 6.0% |
• Xhosa | 2.3% |
• Ander | 5.7% |
Poskode (strate) | 9520 |
Skakelkode | 05634 |
Webwerf | www.moqhaka.gov.za |
Geskiedenis
wysigDie dorp is op 13 Mei 1921 op die plaas Mahemskuil uitgelê en is na die eienaar J.J. Viljoen en sy perd Kroon vernoem. Munisipale status is in 1925 verkry.
Distrik
wysigDie distrik is 2 000 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen - mielies, sonneblomsaad, grondbone, aartappels, koring, beeste en skape. Daar is 'n paar beesstoetterye en 'n aartappelskyfiefabriek in die distrik. Water word vanuit die Renosterrivier gepomp. Daar was steenkool by Vierfontein, 25 km noordwes van Viljoenskroon gemyn, maar sedert die sluiting van die kragsentrale daar, is dit ook gestaak.
Sien ook
wysigBronne
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Viljoenskroon". Sensus 2011.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.