Maak hoofkeuseskerm oop

Vlag van die Verenigde Arabiese Emirate

vlag

Die nasionale vlag van die Verenigde Arabiese Emirate is op 2 Desember 1971 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in, van bo na onder, wit, rooi en groen.

Vlag van die Verenigde Arabiese Emirate
Vlag van die Verenigde Arabiese Emirate
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant
Verhouding 1:2
Goedgekeur 2 Desember 1971[1]
Ontwerp ’n Vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant met drie horisontale bane in, van bo na onder, groen, wit en swart.

Inhoud

SimboliekWysig

Die vlag bestaan die Pan-Arabiese kleure van rooi, groen, wit en swart, wat Arabiese eenheid simboliseer. Die kleure stel die Arabiese dinastieë van die Fatimidiese Kalifaat (groen), die Abbaside (swart), en die Omajade (wit) voor. Rooi stel die Sjariefe van Mekka voor en is deur koning Hussein self tydens die Arabiese opstand van 1917 gevoer.[2]

Die kleure stel ook die voormalige individuele vlae en heersers, dit wil sê die geskiedenis (rooi), die vrugbaarheid van die land (groen), vrede en neutraliteit (wit), sowel as olie, die 'swart goud', dus welvaart (swart), voor.

OntwerpWysig

Die drie horisontale bane is dieselfde hoogte. Die rooi baan het ’n breedte van 3:9 in verhouding tot die lengte van die horisontale bane.

GeskiedenisWysig

Teen 1820 was alle latere lede van die Unie-Protektoraat Groot-Brittanje. As Verdragstate het hulle ’n vierkantige vlag met ’n rooi vierkant op wit vierkant, wat ‘witbloedigrooi’ genoem is, vertoon.

Tot 1971 het die verdragstate ’n rooi-wit-rooi, horisontaalverdeelde vlag met ’n groen sewepuntige ster in die middel vertoon. Die vorm en verhouding van hierdie vlag is nooit vasgestel nie, daarom kon dit verskillend in verskillende bronne voor. Toe Bahrein en Katar lede was, was die ster veronderstel om neo-radiatief te wees (1968 tot 1971).

Die Arabiese Rewolusionêre Vlag het gedien as ’n model vir die huidige vlag, soos met talle ander vlae wat die Pan-Arabiese kleure op hul vlae gebruik.

Ander vlaeWysig

Vlae van die emirateWysig

Elk van die emirate binne die Verenigde Arabiese Emirate het ’n eie vlag, behalwe Foedjairah wat die federale vlag ook as hul staatsvlag gebruik. Die vlae is afgelei van die rooi vlae wat tradisioneel deur die verskillende Arabiese emirate aan die Persiese Golf gebruik is. Onder die beskerming van die Britse Ryk, van 1820 af, is besluit om ’n wit vertikale baan aan die vlagpaalkant toe te voeg. Dieselfde basiese patroon kan word in die vlae van Bahrein en Katar, emirate wat gekies het om nie in 1970 by die pas gestigte Verenigde Arabiese Emirate aan te sluit nie, opgemerk word.

Soortgelyke vlaeWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "VAE". Flags of the World. Besoek op 28 Mei 2019. 
  2. (de) Whitney Smith, Ottfried Neubecker: Wappen und Flaggen aller Nationen. Battenberg, München 1981, ISBN 3-87045-183-1.

Eksterne skakelsWysig