Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/19 Augustus
19 Augustus: Verheerliking van Jesus (Oostelike Christendom); Onafhanklikheidsdag in Afghanistan (1919).
- 1894 – Die Franse motorontwerper André Lefèbvre (2CV/"Ente", Citroën DS) word gebore.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: In Oos-Afrika word Brits-Somaliland aan Italië afgestaan ná die inval wat op 4 Augustus begin het.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde magte, meestal Kanadees, val Dieppe, Frankryk, binne in die Dieppe-inval.
- 1953 – A.L. Geyer lewer 'n praatjie by die Rotariërklub in Londen om te verduidelik hoekom apartheid "die beste" beleid vir alle rasse in Suid-Afrika is.
- 1968 – Nigeriese federale troepe val veelvuldige teikens in Biafra aan en 2 000 mense sterf na bewering in die gepaardgaande bloedbad.
- 1989 – Tydens die Paneuropese Piekniek vlug meer as 600 burgers van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) met Hongaarse ondersteuning na die Weste – die begin van die einde van die DDR.
- 1991 – In die mislukte Sowjet-staatsgreeppoging van 1991 deur Kommunistiese konserwatiewe elemente, word aangekondig dat Michail Gorbatsjof siek is en van sy amp as president onthef is.