Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/25 Maart
25 Maart: Mariaboodskap (Christendom); Onafhanklikheidsdag in Griekeland (1821).
- 1634 – Die Engelse kolonie Maryland word deur Lord Baltimore en 'n groep Katolieke setlaars gestig.
- 1647 – Die Nederlandse skip Nieuwe Haarlem, 'n Oos-Indiëvaarder in besit van die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC), strand met 'n bemanning van sestig lede aan die Kaap. Die Nederlanders kom vir die eerste keer oor 'n langer tydperk in aanraking met die plaaslike Khoikhoi voordat hulle in 1648 deur 'n vloot van vyf VOC-skepe gered is.
- 1655 – Christiaan Huygens ontdek Titaan, die grootste van die planeet Saturnus se mane.
- 1957 – Wes-Duitsland, Nederland, Luxemburg, Italië, Frankryk en België teken die Verdrag van Rome wat die Europese Ekonomiese Gemeenskap daar stel.
- 1995 – Ward Cunningham vestig die eerste wikiwerf, die Portland Pattern Repository.