Witspikkel-koffervis
Spesie van vis
Die witspikkel-koffervis (Ostracion meleagris) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die kus van Oos-Afrika en suidwaarts tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Whitespotted boxfish.
Witspikkel-koffervis | |
---|---|
'n Mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. meleagris
|
Binomiale naam | |
Ostracion meleagris G. Shaw, 1796
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 25 cm lank en die mannetjie en wyfie is verskillend gekleur. Die mannetjie is donker bruin met wit kolletjies op die rugkant en die laer sye is blou met oranje kolletjies. Die wyfies en onvolwassenes is swart met wit kolletjies op. Die vis se lyf word langer soos dit volwassenheid bereik.
Die vis leef in rotsplate en vlak aflandige riwwe in water wat 1 tot 30 m diep is waar hulle onder rotsoorhange bly. Hulle kom een-een of in pare voor. Die vis vreet alge, sponse en ongewerweldes.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Reef fishes & corals – East coast of Southern Africa. Dennis King. Struik Nature. 1996 ISBN 978-1-86825-981-6
- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3