Vlerkboon
(Aangestuur vanaf Xeroderris stuhlmannii)
Die vlerkboon (Xeroderris stuhlmannii) is 'n groot spreiende boom. Die boom kom voor in die sentrale deel van die Krugerwildtuin in Limpopo. Buite Suid-Afrika is dit inheems in Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Caprivistrook in Namibië, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kenia, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Senegal, Sierra Leone, Tanzanië, Togo, Zambië en Zimbabwe. Die boom het klein, groenerige wit blomme en die peule is kenmerkend plat met 'n prominente rand.
Vlerkboon | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | X. stuhlmannii
|
Binomiale naam | |
Xeroderris stuhlmannii (Taub.) Mendonca & Sousa, (2000)
| |
Sinonieme | |
|
Bronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World ONline