Aiden Kyle Markram (gebore 4 Oktober 1994) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat die kaptein van die Suid-Afrikaanse o/19-krieketspan was wat die 2014 IKR Onder-19 Krieketwêreldbeker gewen het.[1][2][3] Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2019 en 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021, 2022 en 2024 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.[4]

Aiden Markram
Aiden Markram in 2018
Volle naam Aiden Kyle Markram
Gebore 4 Oktober 1994 (1994-10-04) (29 jaar oud)
Centurion, Gauteng, Suid-Afrika
Bynaam(e) "Pup" "Aidy" "Prakash"
Lengte 1,85 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm wegbreek
Rol Aanvangskolwer
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 332) 28 September 2017 v Bangladesj
Laaste Toets 11 Januarie 2022 v Indië
EDI debuut (no 122) 22 Oktober 2017 v Bangladesj
Laaste EDI 7 Sep 2021 v Sri Lanka
EDI hempno. 4
T20I debuut (no 81) 22 Maart 2019 v Sri Lanka
Laaste T20I 6 November 2021 v Engeland
T20I hempno. 4
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2014– Noordelikes
2016– Titane
2018 Durham, Paarl Rocks
2019 Hampshire
2021 Punjab Kings
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI T20I 1e rang
Wedstryde 28 34 20 80
Lopies aangeteken 1,876 843 588 5,838
Kolfgemiddeld 37.52 28.10 39.20 45.25
100s/50s 5/9 0/3 0/6 17/27
Hoogste telling 152 96 70 204*
Aflewerings geboul 200 300 108 808
Paaltjies 0 7 5 4
Boulgemiddeld - 38.57 26.80 92.75
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0
Beste boulontleding - 2/18 3/21 1/1
Vangskote/Stonkings 25/- 17/- 16/- 79/-
Bron: cricinfo, 11 Januarie 2022

Plaaslike loopbaan

wysig

Markram het sy Eersterangse krieketdebuut vir Noordelikes krieketspan teen Suid-Westelike Distrikte op 9 Oktober 2014 gemaak.[5] Hy was ingesluit in die Noordelikes krieketspan vir die 2015-Afrika T20-beker.[6]

Internasionale loopbaan

wysig

Debuutjaar

wysig

In Junie 2017 is hy vir Suid-Afrika se Toetsspan gekies vir hul reeks teen Engeland, maar het nie gespeel nie.[7] In Augustus 2017 is hy as kaptein van die Suid-Afrika A krieketspan aangewys vir hul twee vierdagwedstryde teen Indië A.[8]

In Oktober 2017 is hy bygevoeg tot Suid-Afrika se Internasionale eendagspan (EDI) voor die derde wedstryd teen Bangladesj, as vervanger vir Hashim Amla.[9] Hy het sy EDI-debuut vir Suid-Afrika teen Bangladesj gemaak op 22 Oktober 2017, teken 66 lopies aan en neem 2 paaltjies met die bal.[10]

In Desember 2017 behaal hy sy tweede toetshonderdtal en word die eerste Suid-Afrikaanse speler om twee honderdtalle in sy eerste drie Toetse aan te teken.[11]

Op 30 Maart 2018 het Markram sy loopbaan-beste telling van 152 lopies op die eerste dag van die vierde toets teen Australië aangeteken.

Verwysings

wysig
  1. (en) "Aiden Markram leading South Africa U-19". ESPNcricinfo. 5 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2014.
  2. (en) Selvaraj, Jonathan (2 Maart 2014). "Failure a stepping stone for Markram". The Indian Express. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019.
  3. (en) "Best-player Markram 'not at his best'". SuperSport. 2 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019.
  4. (en) Andrew Fidel Fernando (27 Junie 2024). "South Africa demolish Afghanistan to enter their maiden men's World Cup final". ESPNcricinfo. Besoek op 30 Junie 2024.
  5. (en) "Sunfoil 3-Day Cup – Pool A: South Western Districts v Northerns at Oudtshoorn, 9–11 October 2014". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2017. Besoek op 31 Oktober 2014.
  6. (en) Northerns Squad / Players – ESPNcricinfo. Verkry op 31 Augustus 2015.
  7. (en) Kuhn, Phehlukwayo in South Africa's Test squad. URL besoek op 26 Junie 2017.
  8. (en) Quick turnaround for Markram with A-team captaincy. URL besoek op 6 Augustus 2017.
  9. (en) "Amla rested for final ODI; Markram called up". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2019. Besoek op 19 Oktober 2017.
  10. (en) "3rd ODI, Bangladesh tour of South Africa at East London, Oct 22 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2017. Besoek op 22 Oktober 2017.
  11. (en) "Markram's record-breaking start". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 26 Desember 2017.

Eksterne skakel

wysig