As jy sing
Afrikaanse rolprent van 2013
(Aangestuur vanaf As Jy Sing)
As jy sing is 'n Afrikaanse rolprent wat op 12 November 2013 in Suid-Afrika vrygestel is. Die hoofrolle word deur Bobby van Jaarsveld en Leah van Niekerk vertolk. Die rolprent het goed by die loket gevaar en het sewe persent meer verdien in sy openingsnaweek as die vorige jaar se treffer, Semi-soet.[1]
As jy sing | |
---|---|
Regisseur | Andre Odendaal |
Produksieleier | Tascha van der Westhuizen |
Draaiboek | Corine Du Toit Sandra Vaughn |
Met | Bobby van Jaarsveld Leah van Niekerk |
Musiek deur | Juan 'Floors' Oosthuizen Devereaux Van Der Hoven-Oosthuizen Johan Vorster |
Kinematografie | Justus de Jager |
Redigeerder | C.A. van Aswegen |
Verspreider | Indigenous Film Distribution |
Uitgereik | 12 November 2013 |
Speeltyd | 1 uur 51 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste | |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n musiekblyspel. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel (taalgebruik).
Hoofrolspelers
wysig- Naas Botha as homself
- Solomon Cupido as Murg
- Franja du Plessis as Marna
- Juanita du Plessis as haarself
- Corine du Toit as Juffrou Van Vaagen
- Hanna Grobler as Mev. Cecelia Bredenkamp
- Arno Jordaan as Militêre Aap no. 5
- Tiaan Kelderman as Abe, Junior
- Georic Lomas as Morné
- André Lötter as Militêre Aap no. 1
- Katlego Maboe as Duma
- Hendri Myburgh as Been
- San-Mari Nel as Skaai
- Danie Putter as Militêre Aap no. 2
- Marco Spaumer as Militêre Aap no. 4
- Bok van Blerk as Sersant-Majoor Fourie
- Chanell van den Bergh as Liesl-Lee
- Bobby van Jaarsveld as Mnr. Stefan Conradie
- Karlien van Jaarsveld as Juliette
- Leah van Niekerk as Elize du Bruin
- Johan Venter as Militêre Aap no. 3
- Dewald Wasserfall as homself
- Robbie Wessels as Mnr. Bertie Bredenkamp
Storielyn
wysigMnr. Conradie is 'n konvensionele musiek-onderwyser wat lewe vir sy sanggroep, die bekfluitjies. Die bekfluitjies verteenwoordig die verstotelinge van hulle sport-mal skool. Omstandighede forseer hulle om te baklei vir dit waarin hulle glo – hulle musiek – want as hulle sing, maak die lewe net meer sin!
Verwysings
wysig- ↑ 'As jy sing' vaar puik in eerste naweek Geargiveer 20 November 2013 op Wayback Machine, Volksblad, 19 November 2013