Trompetvisse
(Aangestuur vanaf Aulostomidae)
Die Trompetvisse (Aulostomidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Syngnathiformes hoort. Daar is slegs een genus met drie spesies wat tot die familie hoort. Die familie kom in die tropiese Atlantiese Oseaan en Indies-Pasifiese area voor.
Trompetvisse | |
---|---|
Aulostomus maculatus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Aulostomidae
|
Genus: | Aulostomus Lacepède 1803
|
spesies | |
Sien teks |
Kenmerke
wysigVisse in die familie se lyf is lank en plat en hulle word tot 80 cm lank. Daar is gewoonlik 8-12 stekels op die rug voor die dorsale vin en die sylyn is goed ontwikkel. Hulle kom in riwwe voor saam met plantvreters.
Genus
wysigDie volgende genus en gepaardgaande spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Aulostomus
Die volgende twee spesies kom nie in Suider-Afrika voor nie:
- Aulostomus maculatus
- Aulostomus strigosus
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7