Balistidae
Die Snellervisse (Balistidae) is 'n vis-familie van die visorde Tetraodontiformes. Daar is twaalf genera met sewe en dertig spesies in die familie. Twintig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Balistidae Tydperk: Mioseen - onlangs
| |
---|---|
Rhinecanthus aculeatus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Balistidae
|
Genera | |
12, sien teks. |
Kenmerke
wysigDie familie se lywe is plat en bedek met sterk, plaattipe, self-sluitende skubbe. Die voorste dorsale vin het drie stekels en die eerste stekel is lank en sterk en kan in 'n regop staande posisie gesluit word deur die tweede stekel - vandaar die naam snellervis. Die bekken vin bestaan amper nie, dit het verander na 'n stukkie been. Die familie skuil in skeure, gate en tonnels in die riwwwe waar hulle die dorsale vin orent laat kom, dit laat haak aan die bokant van die skuiling en druk dan die been bekken vin op die bodem vas - wat dit onmoontlik maak vir jagters om hulle daar uit te kry. Die familie word 25 – 76 cm groot.
Die familie eet onder andere skaaldiere, slakke, wurms, sponse, krappe en vis.
Die familie naam Balistidae is afgelei van die genus naam Balistes wat op sy beurt weer afgelei is van Latyn ballista wat 'n ander woord vir die Romeinse katapult is.
Genera
wysigDie volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Balistapus
- Balistapus undulatus - Oranjestreep-snellervis
- Balistoides
- Balistoides conspicillum - Narsnellervis
- Balistoides viridescens - Gestippelde snellervis
- Melichthys
- Melichthys indicus - Indiese snellervis
- Melichthys niger - Swartsnellervis
- Odonus
- Odonus niger - Rooitand-snellervis
- Pseudobalistes
- Pseudobalistes flavimarginatus - Geelkop-snellervis
- Pseudobalistes fuscus - Gerimpelde snellervis
- Rhinecanthus
- Rhinecanthus aculeatus - Swartbalk-snellervis
- Rhinecanthus rectangulus - Gelapte snellervis
- Sufflamen
- Sufflamen bursa - Boemerang-snellervis
- Sufflamen chrysopterum - Halfmaan-snellervis
- Sufflamen fraenatum - Toom-snellervis
- Xanthichthys
- Xanthichthys auromarginatus - Vergulde snellervis
- Xanthichthys lineopunctatus - Gestreepte snellervis
-
Oranjestreep-snellervis
-
Narsnellervis
-
Swartbalk-snellervis
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7