Kolstert-ghieliemientjie
(Aangestuur vanaf Barbus afrovernayi)
Die Kolstert-ghieliemientjie (Barbus afrovernayi) is 'n varswater vis wat voorkom in die Kunenerivier, Okavangorivier en die boonste gedeeltes van die Zambezi- en Kafueriviere. Dit kom ook voor in die Kongorivier-stelsel. In Engels staan die vis bekend as Spottail barb.
Kolstert-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. afrovernayi
|
Binomiale naam | |
Barbus afrovernayi |
Voorkoms
wysigDie vis is deurskynend bruin-grys met heldergeel, vertikale strepe langs die lyf en is silwer aan die onderkant. Daar is 'n groot swartkol op die basis van die stertvin. Die vis word tot 45 mm groot.
Habitat
wysigDie vis leef in water vol plantegroei en vreet klein ongewerweldes.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1