Roosvlerk-ghieliemientjie
(Aangestuur vanaf Barbus argenteus)
Die Roosvlerk-ghieliemientjie (Barbus argenteus) is 'n varswatervis wat in strome op die eskarp in die Pongola- en Inkomatiriviere voorkom. In Engels staan die vis bekend as Rosefin barb.
Roosvlerk-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. argenteus
|
Binomiale naam | |
Barbus argenteus Günther, 1868
|
Voorkoms
wysigDie vis is gewoonlik silwerig van kleur met 'n ligte olyfkleur aan die rugkant. Volwasse visse se vinne is oranjerooi en die vis word 190 mm lank. Daar is twee pare baarde om die bek.
Habitat
wysigDie vis leef in helder poele in die rotsagtige gedeeltes van strome. Hulle vreet waterinsekte en ander insekte en word ook gevang met forel kunsvlieë. Hierdie spesie kan dieselfde wees as die silwer-ghieliemientjie.
Sien ook
wysigBron
wysig- Skelton, Paul: A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa.. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1