Driekol-ghieliemientjie
Die Driekol-ghieliemientjie (Barbus trimaculatus) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf die Ruvumarivier in Tanzanië tot by die Umvotirivier in KwaZulu-Natal. Hulle kom ook voor in die Oranje- en Kuneneriviere en die Zambiese gedeelte van die Kongorivier. Hulle het ook voorgekom in die Okavangorivier en sekere gedeeltes van die Zambezirivier maar is verdring deur die Streepstert-ghieliemientjie.
Driekol-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. trimaculatus
|
Binomiale naam | |
Barbus trimaculatus W. K. H. Peters, 1852
|
Voorkoms
wysigDie vis het twee lang baarde en is silwer kleurig met 'n goue skynsel gedurende die broeityd. Daar is drie duidelike swart kolle op die lyf en basis van die stertvin. Die vis word tot 150 mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in 'n verskeidenheid habitats; die meeste het plantegroei in. Hulle vreet insekte en ander klein organismes. Die visse broei in die somer; skole wyfies beweeg stroom-op net na die reën om kuit te skiet. 'n Enkele wyfie lê tot 8 000 eiers op 'n slag.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1