Bespreking:Kaapkolonie

Jongste opmerking: 3 maande gelede deur Martinvl in onderwerp Kaapkolonie tydens die Franse Rewolusie

Bronne benodig

wysig

Ek gaan die bronne benodig-banier uit die artikel verwyder. Onder aan die artikel is 'n lys vir verdere leesstof en indien daar kontroversiële inligting in die artikel is, moet dit verwyder word. Die banier belelik nou al vir langer as 'n jaar die artikel en niemand het die omstrede inligting verwyder of gestaaf nie. Groete — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 13:46, 11 Junie 2009 (UTC)Beantwoord

Inligtingskas

wysig

Wat's nou foutief met die kassie?! Groete. -- SpesBona

Niks. Dit was ondertoe geskuif, maar ek het dit reggemaak. Rooiratel (kontak) 05:32, 21 September 2018 (UTC)Beantwoord

Kaapkolonie tydens die Franse Rewolusie

wysig

Daar is twee artikels oor die koloniale administrasie van die Kaap - een oor die Nederlandse administrasie en die ander oor die Britse administrasie. Die oorgang van die een na die ander wat van 1795 tot 1806 geduur het, is morsig, beide vanuit 'n historiese oogpunt en ook vanuit 'n Wikipedia-oogpunt. Mag ek voorstel dat die artikel Nederlandse Kaapkolonie die tydperk 1652 tot 1795 beskryf en die artikel Kaapkolonie die tydperk vanaf 1806 beskryf. 'n Nuwe artikel Kaapkolonie tydens die Franse Rewolusie moet geskryf word om die tussentydperk van 1795 tot 1806 te beskryf. Martinvl (kontak) 20:23, 29 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord

@Martinvl: die artikel Nederlandse Kaapkolonie het ek destyds begin om die VOC-kolonie te beskryf, terwyl die Kaapkolonie die Britse tydperk beskryf. Die Kaap was egter twee keer Nederlands en twee keer Brits, dit is hoekom daar 'n Slag van Blaauwberg was. Myns insiens sal 'n artikel "Kaapkolonie tydens die Franse Rewolusie" meer verwarring skep as help. Beide die Engelstalige en Nederlandstalige taalweergawes het nie dié artikel nie. Daarom moet hierdie tydperk in albei artikels beskryf word. Groete. --   SpesBona 21:20, 30 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
@SpesBona: Tussen 1795 en 1815 (1823?) meen ek dat die Kaap onder 'n militere besetting was - tussen 1795 en 1803 deur die Britse weermag, tussen 1803 en 1806, na die Vrede van Amiens onder die weermag van die Bataaviese en van 1806 tot 1815 (die Kongres van Wene) weer onder dir Britse weermag. Volgens die historikus en:Eric A. Walker (historian) eindigdie tweede Britse militêre besetting slegs in 1823 toe die Britse regering begin het om die administrasie van die Kaapkolonie op 'n gesonde grondslag te plaas. Martinvl (kontak) 16:15, 31 Augustus 2024 (UTC)Beantwoord
Terug na "Kaapkolonie"-bladsy.