Bespreking:Strandmeer

Jongste opmerking: 7 maande gelede deur BurgertB in onderwerp Haf

Landlong of landtong

wysig

Landlong of landtong? Oesjaar

"Landtong", natuurlik! Soms kan ek darem lekker aanjaag. Groete. Anoniem

Haf

wysig

Iets interessant: Volgens nlwiki is 'n "Haf" : 'n binnelandse meer aan die kus wat deur een of meer riviere gevoed word, word 'n haf genoem.

Bestaan die woord amptelik in Afrikaans? Sien Koerse Haf, of is dit net 'n vertaling van die Nederlandse naam?

@Taalfoendi, @Woordgenoot, @Geebee, @Jcwf, @Aliwal2012, @BurgertB - Rooiratel (kontak) 12:00, 6 Mei 2024 (UTC)Beantwoord

Dit is eintlik Duits uit die Oossee gebied. sien Jcwf (kontak) 12:16, 6 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Dit staan nie in my AWS of HAT nie. – Pynappel (kontak) 12:50, 6 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
""Haf" staan nie eers in die 1975-HAT nie, so ek dink nie die woord bestaan in Afrikaans nie. Groete Woordgenoot (kontak) 15:18, 6 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Dit staan in die WAT: Kus-, strandmeer of lagune, veral aan die Duitse Oosseekus, waarin 'n rivier uitloop en wat deur 'n sanderige landtong van die see afgeskei word. ~ Burgert (kontak) 17:30, 6 Mei 2024 (UTC)Beantwoord
Terug na "Strandmeer"-bladsy.