Binnelanders

Suid-Afrikaanse sepie
(Aangestuur vanaf Binneland)

Binnelanders (op 'n stadium Binneland en Binneland Sub Judice) is 'n Afrikaanse TV-sepie. Die drama speel af in 'n privaathospitaal, genaamd Binneland Kliniek, in Pretoria. Die storie gaan oor die wel en weë van die personeel en die gepaardgaande trauma van die hospitaal se pasiënte.

Binnelanders
HD
Genre Sepie
Geskep deur M-Net, kykNET
Geskryf deur Mitzi Booysen
Geregisseer deur Danie Joubert
Temamusiekkomponis Jak de Priester
Openingstema Binnelanders
Oorsprong Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal Afrikaans met Engelse onderskrifte
Aantal seisoene 14
Aantal episodes 3 000 (soos op 14 Mei 2018)
Produksie
Vervaardiger(s) Elsje & Human Stark
Looptydperk 30 minute
Produksiemaatskappy Stark Productions
Uitsending
Oorspronklike kanaal kykNET, M-Net Terrestrial
Oorspronklike lopie 13 Oktober 2005
Webskakels
[kyknet.dstv.com/program/binnelanders Amptelike webwerf]

Die eerste episode is op 13 Oktober 2005 op beide M-Net en kykNET uitgesaai. Dit was aanvanklik 'n uur lank, toe 'n halfuur per dag, daarna weer een uur, en toe terug na 'n halfuur per dag. Dit word tans weeksaande vanaf 19:30 tot 20:00 op kykNET uitgesaai.

Die temalied word deur Jak de Priester gesing. Hy het die liedjie spesiaal vir die program geskryf: "Buite in die strate — bars Jakarandas uit hul nate — en alles lyk van ver af — so gesond..."

SeisoeneWysig

  • Seisoen 1 (52 episodes): 13 Oktober 2005 tot 5 Oktober 2006
  • Seisoen 2 (88 episodes): 13 April 2006 tot 8 Mei 2007
  • Seisoen 3 (260 episodes): 9 Mei 2007 tot 6 Mei 2008
  • Seisoen 4 (260 episodes): 7 Mei 2008 tot 6 Mei 2009
  • Seisoen 5 (234 episodes): 7 Mei 2009 tot 31 Maart 2010
  • Seisoen 6 (260 episodes): 5 April 2010 tot 1 April 2011
  • Seisoen 7 (260 episodes): 4 April 2011 tot 30 Maart 2012
  • Seisoen 8 (260 episodes): 2 April 2012 tot 29 Maart 2013
  • Seisoen 9 (260 episodes): 1 April 2013 tot 28 Maart 2014
  • Seisoen 10 (260 episodes): 1 April 2014 tot 30 Maart 2015
  • Seisoen 11 (260 episodes): 1 April 2015 tot 31 Maart 2016
  • Seisoen 12 (260 episodes): 1 April 2016 tot 31 Maart 2017
  • Seisoen 13 (260 episodes): 1 April 2017 tot 31 Maart 2018
  • Seisoen 14: tans op die lug

AkteursWysig

Van die akteurs wat tans hierin speel:

  • Lindsey Abrahams as Chanel Samuels
  • Hykie Berg as Dr. Conrad Bester
  • Clint Brink as Dr. Steve Abrahams
  • Germandt Geldenhuys as Louis Koster
  • Reynardt Hugo as Dr. Tertuis Jonker
  • Ben Kruger as Okkie Ferreira
  • Ilne Nienaber as Dr. Elana Bester
  • Ramey Short as Dr. Quinton Meyer
  • Hans Strydom as Dr At Koster
  • Cindy Swanepoel as Dr Annelize Roux Koster
  • Je-ani Swiegelaar as Naomi Ferreira Koster
  • Hannelie Warren as Ilse Ferreira

Gewese akteursWysig

Gewese gasspelersWysig

  • Sandra Vaughn as Renate
  • Willem Klopper as Jaco van Staden
  • Eduan van Jaarsveldt as Boeta
  • Elani Dekker as Monique
  • Kika Smit as Celeste
  • Dirk Stoltz as Liebenberg
  • Ilne Nienaber as Elana
  • Kisha Skeï as Lexi
  • Lindie Jordaan as Adele
  • Oswald Kotzé as Lenny
  • Jóvan Muthray as Zac
  • Gerrit Schoonhoven as Japie
  • Dann-Jaques Mouton as Nicholas
  • Ruan Wessels as Morné
  • Marijke Bezuidenhout as Liezl
  • Leslie Fong as Tim
  • Liesie Prinsloo as Lisa
  • Robbie Wessels as Kobus
  • Irvine van der Merwe as Dennis
  • Hilda Cronje as Mia
  • Gerhard Rudolf as Rossouw

Eksterne skakelsWysig