Boer Soek 'n Vrou
- Vir die rolprent, sien Vrou Soek Boer.
Boer Soek ‘n Vrou is 'n realiteit program op KykNET, DStv kanaal 144. Dit is gebaseer op die internasionale "Farmer Wants A Wife".
Boer Soek ‘n Vrou | |
Genre | Realiteit |
---|---|
Geskep deur | Thames Television (2001) |
Aangebied deur | Reandi Grey (2024 - ) Marciel Hopkins (2020 - 2024) Leah (2018 - 2020) |
Temamusiekkomponis | Schalk Joubert |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Aantal seisoene | 17 |
Aantal episodes | 227 |
Produksie | |
Produksiemaatskappy | Lion's Head Productions & Fremantle Media |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | kykNET |
Beeldformaat | 16:9 |
Oorspronklike lopie | 30 September 2008 |
Webskakels | |
[kyknet.dstv.com/program/boer-soek-n-vrou Amptelike webwerf] |
Deur 14 seisoene het die reeks al 6 aanbieder gehad, Elma Postma, Angelique Gerber, Nadia Beukes, Minki van der Westhuizen, Leah en huidige aanbieder, Marciel Hopkins. In April 2022 kondig KykNET aan dat Marciel vir die derde jaar in 'n ry as aanbieder sal aanbly vir die reeks se 15de seisoen.
Die boere vir die program word uit honderde aansoeke gekies en dan aan die publiek bekendgestel in 'n spesiale program op KykNET vroeër die jaar. Enkellopendes kry dan die kans om 'n romantiese liefdesbrief vir die boer van hul keuse te stuur. Gebasseer op die briewe wat die boere ontvang, kies hulle 10 potensiële lewensmaats wat hulle graag beter wil leer ken op die program.
Daar is geen prysgeld of troue te wen op Boer Soek 'n Vrou nie. Die program skep slegs 'n geleentheid vir boere om ander enkellopendes te ontmoet waaruit moontlike vriendskappe of romanse kan ontstaan.
In die verlede is Boer Soek 'n Vrou vanaf Oktober tot Januarie uitgesaai, maar weens die Covid-19-pandemie is Reeks 13 se produksie vertraag en word die seisoen eers vanaf Januarie 2021 uitgesaai.
Boer Soek 'n Vrou is een van KykNET se gewildste programme.
Reekse
wysig| showblankpositional = 1 | caption | country | dontclose | episodesT | id | multiseries | network | network_transclude | released | seasonT | series | seriesT | width | regexp1 = aux[%u] | regexp2 = aux[%u][%d]+[%u]? | regexp3 = aux[%u][%d]+[%u]?span | regexp4 = color[%d]+S?[%u]? | regexp5 = end[%d]+S?[%u]? | regexp6 = episodes[%d]+S?[%u]? | regexp7 = info[%u] | regexp8 = info[%u][%d]+S?[%u]? | regexp9 = info[%u][%d]aca+span | regexp10 = info[%u]span[%d]+S | regexp11 = info[%u]_transclude | regexp12 = linkR[%d]+S? | regexp13 = linkT[%d]+S?[%u]? | regexp14 = link[%d]+S?[%u]? | regexp15 = network[%d]+S?[%u]? | regexp16 = network[%d]+[%u]?span | regexp17 = part[%d]+S? | regexp18 = postaux[%u] | regexp19 = postaux[%u][%d]+[%u]? | regexp20 = postaux[%u][%d]+[%u]?span | regexp21 = start[%d]+S?[%u]? | regexp22 = released[%d]+S?[%u]? }}|skakel17=#Reeks 17 (2024)|kleur17= #FDEE00|episodes17=15|begin17=29 Oktober 2024
|einde17=17 Oktober 2025 }}Episodes
wysigReeks 1 (2008)
wysigReeks 1 van Boer Soek 'n Vrou, aangebied deur Elma Postma, is van Dinsdag 30 September 2008 tot 23 Desember 2008 op KykNET uitgesaai.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
1 | 1 | Elma stel die eerste 10 boere bekend vir die program.
| 30 Julie 2008 |
2 | 2 | Elma besoek elk van die boere om hulle beter te leer ken. | 30 September 2008 |
3 | 3 | Elma lewer die briewe aan die tien boere af. Sy maak ook die vyf boere met die meeste briewe bekend. | 7 Oktober 2008 |
4 | 4 | Die vyf boere ontmoet die briefskrywers in die blitsafsprake. | 14 Oktober 2008 |
5 | 5 | Die vyf boere leer hulle metgeselle bietjie beter ken. | 21 Oktober 2008 |
6 | 6 | Die boer se drie keuses gaan kuier op die plaas. | 28 Oktober 2008 |
7 | 7 | Die boere en gaste kuier saam op die plaas en leer mekaar nog beter ken. | 14 November 2008 |
8 | 8 | Die boere kan slegs twee gaste op die plaas hou om verder saam te kuier. | 11 November 2008 |
9 | 9 | Die boer neem sy twee oorblywende gaste op 'n uitstappie op die plaas. | 18 November 2008 |
10 | 10 | Dis die boere se laaste dag saam met die twee gaste en sal binnekort net een kan kies... | 25 November 2008 |
11 | 11 | Die boer kies die metgesel wat hy graag beter wil leer ken. | 2 Desember 2008 |
12 | 12 | Die vyf boere verlaat bietjie die plaas om die vroue se families te ontmoet. | 9 Desember 2008 |
13 | 13 | Die boere en hulle metgesel gaan hou bietjie saam vakansie. | 16 Desember 2008 |
14 | 14 | Dis reünietyd. Ons kyk watter boere nog saam hulle finale keuse is. Wie van die ander vyf liefde gevind het en wie nog enkellopend is. | 23 Desember 2008 |
Reeks 2 (2009)
wysigReeks 2 van Boer Soek 'n Vrou is van Vrydag 17 Julie 2009 tot 9 Oktober 2009 op KykNET om 20h30 uitgesaai.
Aangebied deur Elma Postma
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
15 | 1 | Elma stel die tien boere bekend.
| 17 Mei 2009 |
16 | 2 | Elma gaan kuier op die plase om die boere so bietjie beter te leer ken. | 17 Julie 2009 |
17 | 3 | Elma lewer die boere se briewe aan hulle af ne ons vind ook uit watter vyf boere die meeste briewe gekry het. | 24 Julie 2009 |
18 | 4 | Die boere ontmoet die hoop volle skrywers vir vinnige blits afsprake. | 31 Julie 2009 |
19 | 5 | Die boere kuier saam hulle keuses en leer mekaar nog beter ken. | 7 Augustus 2009 |
20 | 6 | Dis tyd vir die boere om net 3 gaste te kies om saam op die plaas te gaan kuier. | 14 Augustus 2009 |
21 | 7 | Die boere en hulle gaste kuier bietjie saam en verken die plaas. | 21 Augustus 2009 |
22 | 8 | Dis tyd vir die boere om een gas huistoe te stuur. | 28 Augustus 2009 |
23 | 9 | Die boer en sy twee oorblywende gaste leer mekaar beter ken. Dis amper tyd om nog 'n gas huistoe te stuur... | 4 September 2009 |
24 | 10 | Die boere spandeer alleen tyd saam met hul oorblywende gaste. Die tyd raak min en die boer gaan binnekort nog een huistoe stuur. | 11 September 2009 |
25 | 11 | Die finale keuse word gemaak en die boer kies die een metgesel wie hy beter wil leer ken. | 18 September 2009 |
26 | 12 | Die boere gaan kuier saam met die oorblywende gas by hulle familie. | 25 September 2009 |
27 | 13 | Almal hou lekker saam vakansie... | 2 Oktober 2009 |
28 | 14 | Dis tyd vir reunie. Elma vind uit watter boere nog saam is, wie enkelopend is en ook watter van die ander vyf boere nou iemand aan die sy het. | 9 Oktober 2009 |
Reeks 3 (2010)
wysigReeks 3 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 16 September 2010 tot 9 Desember 2010 op KykNET om 20h30.
Aangebied deur Elma Postma.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
29 | 1 | Die tien boere word bekend gestel. | 16 Junie 2010 |
30 | 2 | Elma gaan kuier op elke plaas om die boere so bietjie beter te leer ken. | 16 September 2010 |
31 | 3 | Elma lewer die boere se briewe aan hulle af ne ons vind ook uit watter vyf boere die meeste briewe gekry het. | 23 September 2010 |
32 | 4 | Die boere ontmoet die hoop volle skrywers vir vinnige blits afsprake. | 30 September 2010 |
33 | 5 | Die boere kuier saam hulle keuses en leer mekaar nog beter ken. | 7 Oktober 2010 |
34 | 6 | Dis tyd vir die boere om net 3 gaste te kies om saam op die plaas te gaan kuier | 14 Oktober 2010 |
35 | 7 | Die boere en hulle gaste kuier bietjie saam en verken die plaas. | 21 Oktober 2010 |
36 | 8 | Dis tyd vir die boere om een gas huistoe te stuur | 28 Oktober 2010 |
37 | 9 | Die boer en sy twee oorblywende gaste leer mekaar beter ken. Dis amper tyd om nog 'n gas huistoe te stuur... | 4 November 2010 |
38 | 10 | Die boere spandeer alleen tyd saam met hul oorblywende gaste. Die tyd raak min en die boer gaan binnekort nog een huistoe stuur. | 11 November 2010 |
39 | 11 | Die finale keuse word gemaak en die boer kies die een metgesel wie hy beter wil leer ken. | 18 November 2010 |
40 | 12 | Die boere gaan kuier saam met die oorblywende gas by hulle familie. | 25 November 2010 |
41 | 13 | Almal hou lekker saam vakansie... | 2 Desember 2010 |
42 | 14 | Dis tyd vir reunie. Elma vind uit watter boere nog saam is, wie enkelopend is en ook watter van die ander vyf boere nou iemand aan die sy het | 9 Desember 2010 |
Reeks 4 (2011)
wysigReeks 4 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 18 Augustus 2011 tot 10 November 2011 op KykNET om 20h30.
Reeks 4 is die eerste seisoen wat nie deur Elma Postma aangebied word nie. Angelique Gerber neem oor as aanbieder.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
43 | 1 | Die tien boere word deur Angelique Gerber bekend gestel. | 18 Mei 2011 |
44 | 2 | Angelique gaan kuier saam die boere op hul plase om te sien waarmee elkeen boer en ook beter te leer ken. | 18 Augustus 2011 |
45 | 3 | Die briewe word afgelewer aan elke boer. Wie het die meeste briewe gekry en wie is in die top 5? | 25 Augustus 2011 |
46 | 4 | Die boere ontmoet vir die eerste keer die biref skrywers en kry elk 5 minute saam hulle vir 'n blits afspraak. | 1 September 2011 |
47 | 5 | Die vyf pasmaats kuier saam die boere op hul plase. Hulle kry kans om mekaar bietjie beter te leer ken. | 8 September 2011 |
48 | 6 | Dis tyd vir die boere om slegs 3 pasmaats te kies om langer op die plaas te kuier. | 15 September 2011 |
49 | 7 | Die boere en hul 3 pasmaats kry kans om die plaas verder te verken. | 22 September 2011 |
50 | 8 | Dis tyd vir die boer om die top 2 pasmaats te kies. Wie gaan huistoe? | 29 September 2011 |
51 | 9 | Daar is nou slegs 2 pasmaats oor op die plase en hulle kry kans om die boer nog beter te leer ken, met die wete dat 1 binnekort uitgestem gaan word. | 6 Oktober 2011 |
52 | 10 | Die boere spandeer alleen tyd saam elke pasmaat sodat hulle mekaar op 'n meer persoonlike vlak kan leer ken. Die tyd raak min want binnekort moet die boere groot besluite maak. | 13 Oktober 2011 |
53 | 11 | Die tyd het aangebreek vir die boer om sy finale keuse te maak. Wie wil hy hê moet langer aanbly op die plaas? | 20 Oktober 2011 |
54 | 12 | Dis tyd vir die boere om hul pasmaats se familie en vriende te ontmoet. | 27 Oktober 2011 |
55 | 13 | Al 5 boere en hul pasmaats kom bymekaar om vakansie te hou. Wag daar dalk 'n verassing of twee? | 3 November 2011 |
56 | 14 | Dis reunie tyd. Angelique vind uit watter boere opdaag saam hul gekiesde pasmaat en wie dalk alleen opdaag? | 10 November 2011 |
Reeks 5 (2012)
wysigReeks 5 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 4 Oktober 2012 tot 27 Desember 2012 op KykNET om 20h30.
Aangebied deur Angelique Gerber.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
57 | 1 | Die tien boere word deur Angelique Gerber bekend gestel. | 4 Mei 2012 |
58 | 2 | Angelique gaan kuier saam die boere op hul plase om te sien waarmee elkeen boer en ook beter te leer ken. | 4 Oktober 2012 |
59 | 3 | Die briewe word afgelewer aan elke boer. Wie het die meeste briewe gekry en wie is in die top 5? | 11 Oktober 2012 |
60 | 4 | Die boere ontmoet vir die eerste keer die briefskrywers en kry elk 5 minute saam hulle vir 'n blits afspraak. | 18 Oktober 2012 |
61 | 5 | Die vyf pasmaats kuier saam die boere op hul plase. Hulle kry kans om mekaar bietjie beter te leer ken. | 25 Oktober 2012 |
62 | 6 | Dis tyd vir die boere om slegs 3 pasmaats te kies om langer op die plaas te kuier. | 1 November 2012 |
63 | 7 | Die boere en hul 3 pasmaats kry kans om die plaas verder te verken. | 8 November 2012 |
64 | 8 | Dis tyd vir die boer om die top 2 pasmaats te kies. Wie gaan huistoe? | 15 November 2012 |
65 | 9 | Daar is nou slegs 2 pasmaats oor op die plase en hulle kry kans om die boer nog beter te leer ken, met die wete dat 1 binnekort uitgestem gaan word. | 22 November 2012 |
66 | 10 | Die boere spandeer alleen tyd saam elke pasmaat sodat hulle mekaar op 'n meer persoonlike vlak kan leer ken. Die tyd raak min want binnekort moet die boere groot besluite maak. | 29 November 2012 |
67 | 11 | Die tyd het aangebreek vir die boer om sy finale keuse te maak. Wie wil hy hê moet langer aanbly op die plaas? | 6 Desember 2012 |
68 | 12 | Dis tyd vir die boere om hul pasmaats se familie en vriende te ontmoet. | 13 Desember 2012 |
69 | 13 | Al 5 boere en hul pasmaats kom bymekaar om vakansie te hou. Wag daar dalk 'n verassing of twee? | 20 Desember 2012 |
70 | 14 | Dis reunie tyd. Angelique vind uit watter boere opdaag saam hul gekiesde pasmaat en wie dalk alleen opdaag? | 27 Desember 2012 |
Reeks 6 (2013)
wysigReeks 6 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 3 Oktober 2013 tot 26 Desember 2013 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Angelique Gerber. Reeks 6 is ook die laaste wat deur Angelique aangebied word.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
71 | 1 | Die tien boere word deur Angelique Gerber bekend gestel. | 3 Junie 2013 |
72 | 2 | Angelique gaan kuier saam die boere op hul plase om te sien waarmee elkeen boer en ook beter te leer ken. | 3 Oktober 2013 |
73 | 3 | Die briewe word afgelewer aan elke boer. Wie het die meeste briewe gekry en wie is in die top 5? | 10 Oktober 2013 |
74 | 4 | Die boere ontmoet vir die eerste keer die biref skrywers en kry elk 5 minute saam hulle vir 'n blits afspraak. | 17 Oktober 2013 |
75 | 5 | Die vyf pasmaats kuier saam die boere op hul plase. Hulle kry kans om mekaar bietjie beter te leer ken. | 24 Oktober 2013 |
76 | 6 | Dis tyd vir die boere om slegs 3 pasmaats te kies om langer op die plaas te kuier. | 31 Oktober 2013 |
77 | 7 | Die boere en hul 3 pasmaats kry kans om die plaas verder te verken. | 7 November 2013 |
78 | 8 | Dis tyd vir die boer om die top 2 pasmaats te kies. Wie gaan huistoe? | 14 November 2013 |
79 | 9 | Daar is nou slegs 2 pasmaats oor op die plase en hulle kry kans om die boer nog beter te leer ken, met die wete dat 1 binnekort uitgestem gaan word | 21 November 2013 |
80 | 10 | Die boere spandeer alleen tyd saam elke pasmaat sodat hulle mekaar op 'n meer persoonlike vlak kan leer ken. Die tyd raak min want binnekort moet die boere groot besluite maak. | 28 November 2013 |
81 | 11 | Die tyd het aangebreek vir die boer om sy finale keuse te maak. Wie wil hy hê moet langer aanbly op die plaas? | 5 Desember 2013 |
82 | 12 | Dis tyd vir die boere om hul pasmaats se familie en vriende te ontmoet | 12 Desember 2013 |
83 | 13 | Al 5 boere en hul pasmaats kom bymekaar om vakansie te hou. Wag daar dalk 'n verassing of twee? | 19 Desember 2013 |
84 | 14 | Dis reunie tyd. Angelique vind uit watter boere opdaag saam hul gekiesde pasmaat en wie dalk alleen opdaag? | 26 Desember 2013 |
Reeks 7 (2014)
wysigReeks 7 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 9 Oktober 2014 tot 1 Januarie 2015 op KykNET om 20h00.
Nadia Beukes neem oor as aanbieder.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
85 | 1 | Nadia stel die 10 boere aan die kykers bekend.
| |
86 | 2 | Nadia lewer die tien boere se briewe by hulle af. Die possakke bult behoorlik met foto's, briewe en geskenkies. Die vyf boere wat die meeste briewe kry, moet elkeen tien vroue kies wat hulle tydens 'n blitsafspraak wil ontmoet. | 9 Oktober 2014 |
87 | 3 | Van heinde en verre kom die dames vir 'n kort maar kragtige kennismaking met die boer van hul keuse. Elkeen kry presies vyf minute om met haar boer te gesels. Aan die einde van die blitsafsprake moet ons boere vyf vroue groet. | 16 Oktober 2014 |
88 | 4 | Die boere leer hul kuiergaste beter ken. Hy stel hulle aan die plaaslewe bekend en wys wat sy boerdery behels. Die drie vroue moet die boer beïndruk, maar terselfdetyd hulself afvra of hulle gereed is om 'n boer se vrou te wees. | 23 Oktober 2014 |
89 | 5 | Die boere gaan op 'n uitstappie om die vyf vroue wat hulle na die blitsafsprake gekies het, beter te leer ken. Aan die einde van die dag moet die boer weer kies, net drie vroue mag by hom op die plaas gaan kuier. | 30 Oktober 2014 |
90 | 6 | Na 'n dag of wat op die plaas, moet een van die drie vroue huistoe gaan. Die boer moet besluit watter een van sy kuiergaste haar tasse moet pak. | 6 November 2014 |
91 | 7 | Daar is nou net twee vroue op die plaas oor. Elkeen van die dames kry 'n geleentheid om alleen-tyd met die boer te spandeer. Die boere nooi ook van sy vriende en familie oor vir 'n gesellige kuier sodat hulle die vroue kan ontmoet. | 13 November 2014 |
92 | 8 | 20 November 2014 | |
93 | 9 | 27 November 2014 | |
94 | 10 | Dit is die laaste dag op die plaas. Die spanning laai op, want elke boer moet binnekort weer 'n keuse maak. Dit is die vroue se laaste kans om die boer se hart te wen. | 4 Desember 2014 |
95 | 11 | Vandag kies die boer die vrou wat moontlik die liefde van sy lewe kan wees. | 11 Desember 2014 |
96 | 12 | Dis tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. Sy wys hom waar sy woon. Vir die eerste keer is sy tuis en in haar omgewing en die boer soos 'n vis uit water. Het hy die regte keuse gemaak? | 18 Desember 2014 |
97 | 13 | Die boere en hul dames gaan hou vakansie by 'n romantiese bestemming en kry die kans om mekaar goed te leer ken. | 25 Desember 2014 |
98 | 14 | Al tien boere kom vir 'n laaste keer byeen. Ons vind uit watter paartjies stap nog hand aan hand en wie is steeds alleenlopers? | 1 Januarie 2015 |
Reeks 8 (2015)
wysigReeks 8 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 1 Oktober 2015 tot 24 Desember 2015 op KykNET om 20h30.
Aangebied deur Nadia Beukes. Reeks 8 is ook die laaste om deur Nadia aangebied te word.
Die reeks saai hierdie seisoen hul 100ste episode uit.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
99 | 1 | Nadia stel die 10 boere bekend:
| |
100 | 2 | Nadia gaan kuier op die plase en leer die boere beter ken. | 1 Oktober 2015 |
101 | 3 | Nadia gaan kuier op die plase en lewer die boere se briewe af. Ons vind uit watter vyf boere kry die meeste briewe. | 8 Oktober 2015 |
102 | 4 | Die vyf boere ontmoet die briewe skrywers vir vyf minuut blitsafsprake. | 15 Oktober 2015 |
103 | 5 | Die boere kry nou tyd om die vyf hoopvolles so bietjie beter te leer ken voor daar 'n moeilike besluit gemaak moet word. | 22 Oktober 2015 |
104 | 6 | Die boer kies die drie gaste om saam te gaan kuier op die plaas. | 29 Oktober 2015 |
105 | 7 | Dis amper tyd om weer iemand huistoe te stuur... | 5 November 2015 |
106 | 8 | Die boer en sy twee gaste spandeer bietjie alleen tyd saam mekaar. | 12 November 2015 |
107 | 9 | Spanning loop hoog wanneer die tyd nader kom om daai finale keuse te maak. | 19 November 2015 |
108 | 10 | Die boer kies die metgesel om beter te leer ken. | 26 November 2015 |
109 | 11 | Die boer en sy metgesel het nou kans om alleen tyd saam te spandeer. | 3 Desember 2015 |
110 | 12 | Die boere onmoet die toekomstige skoon familie... | 10 Desember 2015 |
111 | 13 | Die vyf boere gaan hou bietjie vakansie saam met hulle metgeselle. | 17 Desember 2015 |
112 | 14 | Nadia ontmoet al tien boere by die reunie. Wie is alleen? Wie is verlief? En wie van die ander vyf boere het liefde gevind? | 24 Desember 2015 |
Reeks 9 (2016)
wysigReeks 9 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 20 Oktober 2016 tot 12 Januarie 2017 op KykNET om 20h30.
Minki van der Westhuizen neem oor as aanbieder.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
113 | 1 | Die tien boere word deur Minki aan die kykers bekend gestel.
| |
114 | 2 | Minki besorg die briewe van vroue wat ingeskryf het aan elke boer. Die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, gaan voort met die proses en kies elkeen 10 briewe. | 27 Oktober 2016 |
115 | 3 | Die blits-afsprake is 'n vinnige kennismaking vir die deelnemers. Die groep van 10 dames word uitgedun na 5. | 3 November 2016 |
116 | 4 | Die boere gaan vir 'n uitstappie met die 5 dames wat hulle die vorige week uitgekies het. Aan die einde van die afspraak moet elke boer 3 dames uitsonder. | 10 November 2016 |
117 | 5 | Die drie potensiele liefdekandidate gaan vir 'n paar dae op die plaas kom kuier. Die vroue kom op die plaas aan en die boer sit sy beste voet voor. | 17 November 2016 |
118 | 6 | Die twyfel begin toeslaan en die vroue vra hulleself af: Is die lewe op die plaas wel so aantreklik soos dit aanvanklik geklink het? | 24 November 2016 |
119 | 7 | Nadat die vroue die plaas besigtig het en vir die eerste keer ervaar het, moet een van die 3 huistoe gaan. Vir party van die boere sal die keuse swaar wees, vir ander, eenvoudig. | 1 Desember 2016 |
120 | 8 | Na die spannende keuse van die vorige week, kan die boere en dames ontspan en kry hulle tyd om mekaar beter te leer ken. | 8 Desember 2016 |
121 | 9 | Die spanning is besig om al meer te word soos die tyd nader kom vir die boer om net een van die twee dames te kies | 15 Desember 2016 |
122 | 10 | Die finale keuse: Vir sommige boere sal dit reeds taamlik duidelik wees wie hulle gaan kies en ander boere sal weer afsonderlik met die vroue gesels om hulle te help om die keuse te maak. | 22 Desember 2016 |
123 | 11 | Dié week ontmoet die boer sy potensiële skoonfamilie. As die vrou nie familie het nie, besoek die boer die vrou se woonplek en ontmoet hy haar vriende of kinders. | 29 Desember 2016 |
124 | 12 | Episode 12 | 5 Januarie 2017 |
125 | 13 | Die boere wat aan die reeks deelgeneem het kom na die reünie toe vir 'n terugblik en lekker kuier. Ons sien wie is nog saam en wie is steeds enkellopend. | 12 Januarie 2017 |
Reeks 10 (2017)
wysigReeks 10 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 12 Oktober 2017 tot 25 Januarie 2018 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Minki van der Westhuizen. Reeks 10 is ook die laaste om deur Minki aangebied te word.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
126 | 1 | Minki stel die 10 boere aan die kykers bekend.
| |
127 | 2 | Geliefdes help briewe, foto's, liefdeverklarings en geskenkies sorteer. Die vyf boere wat die minste briewe kry kan enige dame kontak. | 12 Oktober 2017 |
128 | 3 | Ons gaan loer in by die boere wat vanaf seisoen 1-9 deelgeneem het. | 19 Oktober 2017 |
129 | 4 | Ons gaan loer in by die boere wat vanaf seiseon 1-9 deelgeneem het. | 26 Oktober 2017 |
130 | 5 | Episode 5 | 2 November 2017 |
131 | 6 | Episode 6 | 9 November 2017 |
132 | 7 | Die dames kom van ver en kry slegs 5 minute om met die boere te gesels. | 16 November 2017 |
133 | 8 | Minki reel vir elke boer 'n gesellige dag om van die 5 vroue van hul keuse, beter te leer ken. | 23 November 2017 |
134 | 9 | Minki gesels met die boere, voordat die dames van hulle keuse op die plaas aankom. | 30 November 2018 |
135 | 10 | Die boere leer hul kuiergaste beter ken en stel hulle aan die plaaslewe bekend. | 7 Desember 2017 |
136 | 11 | Dis tyd vir die boere om te sê wie haar tasse moet pak - 'n moeilike keuse, nadat almal mekaar beter leer ken het. | 14 Desember 2017 |
137 | 12 | Daar is nou net 2 vroue op die plaas oor. Elkeen kry 'n geleentheid om tyd alleen saam met die boer te spandeer. | 21 Desember 2017 |
138 | 13 | Die vroue moet hul laaste dag slim benut voor die boer sy finale keuse maak. | 28 Desember 2017 |
139 | 14 | Vandag kies die boer die vrou wat moontlik die liefde van sy lewe kan wees. | 4 Januarie 2018 |
140 | 15 | Die boer se gekose vrou stel hom voor aan haar geliefdes en omgewing. | 11 Januarie 2018 |
141 | 16 | Die paartjies is met vakansie en kry kans om mekaar goed te leer ken in 'n neutrale omgewing. | 18 Januarie 2018 |
142 | 17 | Al tien boere kom bymekaar uit vir die reünie. | 25 Januarie 2018 |
Reeks 11 (2018)
wysigReeks 11 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 18 Oktober 2018 tot 10 Januarie 2019 op KykNET om 20h00.
Leah neem oor as aanbieder.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
143 | 1 | Die tien boere word deur Leah aan die kykers bekendgestel.
| |
144 | 2 | Leah deurkruis die land om die boere op hul plase te ontmoet. Sy vind uit waarmee hulle boer, wat hul belangstellings is en waarna hulle in 'n lewensmaat soek. | 18 Oktober 2018 |
145 | 3 | Leah lewer die boere se briewe by hulle af. Die vyf boere met die meeste briewe moet elk 10 persone uit die briefskrywers kies wat hulle tydens 'n blitsafspraak wil ontmoet. | 25 Oktober 2018 |
146 | 4 | Tydens die blitsafsprake kry elke persoon vyf minute om alleen met hul boer te gesels. Aan die einde van die dag kies ons boere elkeen 5 persone wie hul graag beter wil leer ken. | 1 November 2018 |
147 | 5 | Leah het vir elke boer 'n gesellige dag gereël saam met die persone wat gekies is. Uiteindelik moet elke boer weer 'n moeilike keuse maak, want net drie persone mag op elke plaas gaan kuier. | 8 November 2018 |
148 | 6 | Die drie persone wat elke boer gekies het, daag op. Hulle gaan vir 'n week lank saam met die boer woon en werk, terwyl die boer moet besluit watter een moontlik die liefde van sy lewe is. | 15 November 2018 |
149 | 7 | Die boere leer hul kuiergaste beter ken en stel hulle aan die plaaslewe bekend. Die boer moet mooi na die interaksie tussen almal kyk, want een moet binnekort huis toe gestuur word. | 22 November 2018 |
150 | 8 | Na 'n dag of wat op die plaas, moet elke boer iemand huis toe stuur. Wie gaan die boer vra om te bly? Dalk is daar iemand wat nie langer op die plaas wil bly nie... | 29 November 2018 |
151 | 9 | Daar is twee deelnemers op elke plaas oor en nou kan die boer en sy gaste lekker kuier. Die boere nooi vriende en familie oor vir 'n kuier sodat hulle die deelnemers kan ontmoet. | 6 Desember 2018 |
152 | 10 | Dit is die laaste dag op die plaas. Die spanning laai op, want elke boer moet binnekort weer 'n keuse maak. | 13 Desember 2018 |
153 | 11 | Leah vind uit op watter plase die liefde vol in die blom staan. Vandag kies die boer die persoon wat moontlik die liefde van haar of sy lewe kan wees. | 20 Desember 2018 |
154 | 12 | Die boere ontmoet die deelnemer van hul keuse se familie en vriende. | 27 Desember 2018 |
155 | 13 | Die boere en hul keuse gaan almal saam op vakansie om mekaar beter te leer ken. | 3 Januarie 2019 |
156 | 14 | Dis tyd vir reünie. Wie van die boere is nog saam hulle keuse en wie nie? | 10 Januarie 2019 |
Reeks 12 (2019)
wysigReeks 12 van Boer Soek 'n Vrou begin Donderdag 17 Oktober 2019 op KykNET om 20h00
Aangebied deur Leah. Seisoen 12 is ook die laaste om deur Leah aangebied te word.
- Vanjaar het geen vroulike boer die ranglys gehaal nie, maar vir die eerste keer in die geskiedenis van die reeks neem 'n gay boer deel.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
157 | 1 | Die tien boere word deur Leah aan die kykers bekendgestel:
| 12 Mei 2019 |
158 | 2 | Leah kry kans om self by die 10 boere te gaan inloer. Sy vind meer uit oor hul boerdery, hul drome en watter eienskappe hulle in 'n metgesel en toekomstige lewensmaat soek. | 17 Oktober 2019 |
159 | 3 | Leah lewer die boere se briewe en pakkies by hulle af. Dit is elke jaar groot pret om te sien met watter oorspronklike idees die briefskrywers vorendag kom om die boere se aandag te trek. | 24 Oktober 2019 |
160 | 4 | Van heinde en verre kom die pasmaats vir 'n kort maar kragtige kennismaking met die boer van hul keuse. Vyf minute, vyf boere, 50 belangstellendes - elkeen met 'n droom van liefde. | 31 Oktober 2019 |
161 | 5 | Die boere gaan op 'n uitstappie met die vyf pasmaats wat hulle ná die blitsafsprake gekies het. Drie metgeselle word gekies om saam met die boer plaas toe te gaan. | 7 November 2019 |
162 | 6 | Leah gaan maak 'n draai op die plase voordat die pasmaats arriveer. Hulle gaan vir 'n week lank saam met die boer woon en werk, terwyl die boer groot besluite moet maak... | 14 November 2019 |
163 | 7 | Die boere leer hul kuiergaste beter ken. Hy stel hulle aan die plaaslewe bekend en wys wat sy boerdery behels. Die boere moet fyn kyk, want binnekort moet hy weer een huistoe stuur. | 21 November 2019 |
164 | 8 | Ná 'n dag of wat op die plaas, moet een van die drie pasmaats huistoe gaan. Wie gaan die boer vra om te bly? Dalk is daar 'n metgesel wat nie langer op die plaas wil bly nie... | 28 November 2019 |
165 | 9 | Daar is nou twee pasmaats oor. Die spanning is vir eers gebreek en die boer en sy kuiergaste kan lekker saamkuier. Die boer nooi sy vriende en familie uit om sy kuiergaste te ontmoet. | 5 Desember 2019 |
166 | 10 | Dit is die laaste dag op die plaas. Die spanning laai op, want elke boer moet binnekort weer 'n keuse maak. Dit is die pasmaats se laaste kans om die boer se hart te wen. | 12 Desember 2019 |
167 | 11 | Dis tyd vir die boer om te besluit wie hy nog beter wil leer ken? Vandag kies die boer dié een wat moontlik die liefde van sy lewe kan wees. Die liefde is egter onvoorspelbaar... | 19 Desember 2019 |
168 | 12 | Dit is tyd vir die boere om hul gekose pasmaat se familie en vriende te ontmoet. Die skoen is nou aan die ander voet en dit is tyd vir ons boere om 'n blywende indruk te maak. | 26 Desember 2019 |
169 | 13 | Die boere en hul pasmaats hou vakansie op 'n romantiese bestemming. Tydens die vakansie kry die boere en hul metgeselle kans om mekaar goed te leer ken. Is al die paartjies nog bymekaar? | 2 Januarie 2020 |
170 | 14 | Die 10 boere kom bymekaar. Leah kuier saam en hoor by die boere hoe hulle die reeks ervaar het. Het die vyf boere wat ons nie gevolg net nie, liefde gevind? | 9 Januarie 2020 |
Reeks 13 (2020)
wysigReeks 13 van Boer soek 'n Vrou begin Donderdag 21 Januarie 2021 op KykNET om 20h00.
- Vanjaar se boere is almal opsoek na vroulike pasmaats en geen vroulike boer haal die ranglys nie.
- Anders as tevore gaan voornemende pasmaats nie handafgelewerde briewe of pakkies vir die boere kan stuur nie en sal slegs digitale inskrywings, wat ook deur 'n video vergesel kan word, word aanvaar.
Marciel Hopkins neem oor as aanbieder.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
171 | 1 | Die 10 boere word deur Marciel aan die kykers bekendgestel;
| 19 Julie 2020 |
172 | 2 | Tien enkellopende boere soek pasmaats! Aanbieder, Marciel Hopkins, vind uit waarmee hulle boer, wat hul belangstellings is en, seker die belangrikste, waarna hulle in 'n lewensmaat soek. | 21 Januarie 2021 |
173 | 3 | Marciel 'lewer' die boere se 'pos' digitaal by hulle af. Binne 24 uur moet die 5 boere met die meeste briewe 10 dames kies om in die Kaap te ontmoet. | 28 Januarie 2021 |
174 | 4 | Van reg oor die land kom die dames vir 'n kort maar kragtige kennismaking met die boer van hul keuse. Elkeen van die boer se dames kry presies vyf minute om met haar boer te gesels. | 4 Februarie 2021 |
175 | 5 | Na die afloop van die blitsafsprake moet die boer vyf dames kies vir 'n groepsafspraak - die boer se finale keuse van die dag is die 3 dames wat by hom op die plaas gaan kuier. | 11 Februarie 2021 |
176 | 6 | Marciel gaan maak 'n draai op die plase voor die dames arriveer. Sy gesels met elke boer oor sy voorbereidings vir die vroue se besoek. Waar gaan hulle bly? Wat gaan hulle doen? | 18 Februarie 2021 |
177 | 7 | Die boere leer hul kuiergaste beter ken. Hy stel hulle aan die plaaslewe bekend en wys wat sy boerdery behels. Die drie vroue kyk die kat eers goed uit die boom. | 25 Februarie 2021 |
178 | 8 | Ná 'n dag of wat op die plaas, moet een van die drie vroue huistoe gaan. Die boer moet besluit watter een van sy kuiergaste die minste by hom pas. Makliker gesê as gedaan! | 4 Maart 2021 |
179 | 9 | Daar is nou net twee vroue op die plaas oor. Die spanning is vir eers gebreek en die boer en die dames kan lekker saamkuier. Die boerdery-aktiwiteite gaan voort en die vroue spring ook in. | 11 Maart 2021 |
180 | 10 | Dit is die laaste dag op die plaas. Die spanning laai op, want elke boer moet binnekort weer 'n keuse maak. Dit is die vroue se laaste kans om die boer se hart te wen. | 18 Maart 2021 |
181 | 11 | Dis tyd vir die boer om te besluit: wie is die dame wat hy nog beter wil leer ken? Is albei dames nog gretig om die boer se vrou te word? | 25 Maart 2021 |
182 | 12 | Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. Sy wys hom haar woon- en/of werkplek. | 1 April 2021 |
183 | 13 | Die boere en hul dames gaan hou vakansie op 'n romantiese bestemming. Is al die paartjies nog bymekaar of sommige se paadjies reeds geskei? | 8 April 2021 |
184 | 14 | Al tien boere kom vir 'n eerste en ook laaste keer bymekaar. Marciel kuier saam en hoor by die boere en dames hoe hulle die reeks ervaar het. | 15 April 2021 |
Reeks 14 (2021)
wysigReeks 14 van Boer soek 'n Vrou begin 13 Januarie 2022 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Marciel Hopkins.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
185 | 1 | Die 10 boere word deur Marciel aan die kykers bekendgestel;
| 11 Julie 2021 |
186 | 2 | Marciel volg die tien boere se soeke na die liefde. Sy vind uit waarmee hulle boer, wat hul belangstellings is en waarna hulle soek. | 13 Januarie 2022 |
187 | 3 | Marciel kon hierdie jaar vir die eerste keer al die boere se briewe in lewende lywe aflewer! Die dames het soos altyd ongelooflik baie moete gedoen - daar is pakkies en 'n paar verrassings. | 20 Januarie 2022 |
188 | 4 | Van regoor die land kom die dames vir 'n kort maar kragtige kennismaking met die boer van hul keuse. Elkeen van die boer se dames kry presies vyf minute om met haar boer te gesels. | 27 Januarie 2022 |
189 | 5 | Na die afloop van die blitsafsprake moet hy vyf dames kies vir 'n groepsafspraak - die boer se finale keuse van die dag is die drie dames wat by hom op die plaas gaan kuier. | 3 Februarie 2022 |
190 | 6 | Marciel gaan maak 'n draai op die plase voor die dames arriveer. Sy gesels met elke boer oor sy voorbereidings vir die vroue se besoek. Waar gaan hulle bly? Wat gaan hulle doen? | 10 Februarie 2022 |
191 | 7 | Die boere leer hul kuiergaste beter ken. Hy stel hulle aan die plaaslewe bekend en wys wat sy boerdery behels. Die drie vroue kyk die kat eers goed uit die boom. | 17 Februarie 2022 |
192 | 8 | Ná 'n dag of wat op die plaas, moet een van die drie vroue huistoe gaan. Die boer moet besluit watter een van sy kuiergaste die minste by hom pas. Makliker gesê as gedaan! | 24 Februarie 2022 |
193 | 9 | Daar is nou net twee vroue op die plaas oor. Die spanning is vir eers gebreek en die boer en die dames kan lekker saamkuier. Die boerdery-aktiwiteite gaan voort en die vroue spring in. | 3 Maart 2022 |
194 | 10 | Dit is die laaste dag op die plaas. Die spanning laai op, want elke boer moet binnekort weer 'n keuse maak. Dit is die vroue se laaste kans om die boer se hart te wen | 10 Maart 2022 |
195 | 11 | Dis tyd vir die boer om te besluit: wie is die dame wat hy nog beter wil leer ken? Is albei dames nog gretig om die boer se vrou te word? | 17 Maart 2022 |
196 | 12 | Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. Sy wys hom haar woon- en/of werkplek. Vir die eerste keer is sy tuis in haar omgewing. | 24 Maart 2022 |
197 | 13 | Die boere en hul dames gaan hou vakansie op 'n romantiese bestemming. Is al die paartjies nog bymekaar of sommige se paadjies reeds geskei? | 31 Maart 2022 |
198 | 14 | Al tien boere kom vir 'n eerste en ook laaste keer bymekaar. Marciel kuier saam en hoor by die boere en dames hoe hulle die reeks ervaar het. Wie is nog saam en wie loop weer alleen? | 7 April 2022 |
Reeks 15 (2022)
wysigReeks 15 van Boer soek 'n Vrou begin 3 Julie 2022 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Marciel Hopkins.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
199 | 1 | Die 10 boere word deur Marciel aan die kykers bekendgestel;
| 3 Julie 2022 |
200 | 2 | Tien enkelopende boere soek pasmaats. Marciel ontmoet met die tien boere en maak gereed om die reis, opsoek na liefde saam hulle aan te pak. | 19 Januarie 2023 |
201 | 3 | Marciel val weer in die pad om die tien boere se briewe af te lewer. Binne 24 uur moet die vyf boere met die meeste briewe tien pasmaats kies om in die kaap te ontmoet. | 26 Januarie 2023 |
202 | 4 | Van reg oor die land kom die pasmaats vir 'n kort maar kragtige kennismaking met die boer van hul keuse. Elkeen kry presies vyf minute om met hul boer te gesels, daarna word vyf gekies. | 2 Februarie 2023 |
203 | 5 | Vandag kry ons boere 'n bietjie meer tyd om die vyf pasmaats beter te leer ken. Hy moet drie pasmaats kies wat op die plaas gaan kuier vir 'n week en wie weet, dalk is een van hulle die een. | 9 Februarie 2023 |
204 | 6 | Die pasmaats arriveer op die plase. Hulle gaan vir 'n week lank saam met die boer woon en werk, en kyk of liefde wel kan ontwikkel tussen een van die paartjies. | 16 Februarie 2023 |
205 | 7 | Al die kuiergaste leer mekaar beter ken. Die boer moet mooi na die interaksie tussen die pasmaats kyk, want hy moet binnekort weer 'n moeilike keuse maak. | 23 Februarie 2023 |
206 | 8 | Na 'n dag of wat op die plaas, moet een van die drie pasmaats huistoe gaan. Wie gaan die boer vra om te bly? Dalk is daar 'n dame wat nie langer op die plaas wil bly nie. | 2 Maart 2023 |
207 | 9 | Daar is nou net twee pasmaats op die plaas oor. Die boere nooi ook vriende en familie oor vir 'n braai sodat hulle die pasmaats kan ontmoet wn ook hul opinie kan vorm. | 9 Maart 2023 |
208 | 10 | Dit is die laaste voldag op die plaas. Die spanning laai op, want elke boer moet binnekort weer 'n keuse maak. Almal kry tyd om individueel met mekaar te gesels. | 16 Maart 2023 |
209 | 11 | Dis tyd vir die boer om te besluit, maar is beide pasmaats nog gretig om die boer se vrou te word? Vandag kies die boer die vrou wat moontlik die liefde van sy lewe kan wees. | 23 Maart 2023 |
210 | 12 | Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. As die kennismaking met die skoonfamilie goed afloop, is daar dalk hoop vir 'n gelukkige toekoms saam. | 30 Maart 2023 |
211 | 13 | Die boere en hul pasmaats gaan hou vakansie. Tydens die vakansie kry die boere en hul pasmaats kans om mekaar goet te leer ken - weg van die plaas, weg van familie en vriende. | 6 April 2023 |
212 | 14 | Al 10 boere kom vir 'n eerste en ook laaste keer bymekaar. Ons vind uit wie van ons 10 boere liefde gevind het aan die einde van die reeks. | 13 April 2023 |
Reeks 16 (2023)
wysigReeks 16 van Boer soek 'n Vrou begin 29 Oktober 2023 op KykNET om 20h00.
Aangebied deur Marciel Hopkins. Seisoen 16 is ook die laaste om deur Marciel aangebied te word.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
213 | 1 | Tien enkelopende boere soek vrou! Die opwindende realiteitsreeks toer deur die land om die boere op hul plase te ontmoet en uit te vind waarna hulle in 'n lewensmaat soek. Die tien boere is;
| 29 Oktober 2023 |
214 | 2 | Marciel leer die Top 10 boere 'n bietjie beter ken en vind uit wat hulle soek in 'n pasmaat. | 18 Julie 2024 |
215 | 3 | Marciel val weer in die pad om die 10 boere se briewe af te lewer. Binne 24 uur moet die vyf boere met die meeste briewe 10 pasmaats kies om in die Kaap te ontmoet. | 25 Julie 2024 |
216 | 4 | Van reg oor die land kom die pasmaats vir 'n kort maar kragtige kennismaking met die boer van hul keuse. Elkeen kry presies vyf minute om met hul boer te gesels, daarna word vyf gekies. | 1 Augustus 2024 |
217 | 5 | Vandag kry ons boere ’n bietjie meer tyd om hul vyf pasmaats beter te leer ken. Elke boer moet drie pasmaats kies wat op die plaas vir ’n week gaan kuier. En wie weet… Dalk is een van hulle “Die Een”. | 8 Augustus 2024 |
218 | 6 | Die pasmaats arriveer op die plase. Hulle gaan vir ’n week lank saam met die boer woon en werk, en kyk of liefde wel tussen een van die paartjies kan blom. | 15 Augustus 2024 |
219 | 7 | Die boere neem hulle pasmaats op ’n avontuur weg van die plaas af om te kyk of verhoudings kan groei. En dan vang verassende nuus die boere onkant. | 22 Augustus 2024 |
220 | 8 | Marciel stuur die pasmaats op hulle eie avontuur terwyl die boere oor die afgelope paar dae besin, want binnekort moet daar moeilike keuses gemaak word. | 29 Augustus 2024 |
221 | 9 | Ná ’n paar dae op die plaas moet een van die drie pasmaats huistoe gaan. Gemoedere loop hoog as sekere waarhede ontbloot word. Wie gaan die boer vra om te bly? | 5 September 2024 |
222 | 10 | Daar is nou net twee pasmaats op die plaas oor. Die boere nooi ook vriende en familie oor vir ’n braai sodat hulle die pasmaats kan ontmoet en hul opinie kan vorm. | 12 September 2024 |
223 | 11 | Dit is die laaste voldag op die plaas. Die spanning loop hoog, want elke boer moet binnekort weer ’n keuse maak. Almal kry tyd om individueel met mekaar te gesels. | 19 September 2024 |
224 | 12 | Dis tyd vir die boer om te besluit, maar is beide pasmaats nog gretig om die boer se vrou te word? Vandag kies die boer die pasmaat wat moontlik die liefde van hul lewe kan wees. | 26 September 2024 |
225 | 13 | Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. As die kennismaking met die skoonfamilie goed afloop, is daar dalk hoop vir ’n gelukkige toekoms saam… | 3 Oktober 2024 |
226 | 14 | Die boere en hul pasmaats gaan hou vakansie. Tydens die vakansie kry die boere en hul pasmaats kans om mekaar goed te leer ken – weg van die plaas, weg van familie en vriende. | 10 Oktober 2024 |
227 | 15 | Al tien boere kom vir ’n eerste – en ook laaste keer – bymekaar. Ons vind uit wie van ons tien boere liefde aan die einde van die reeks gevind het. | 17 Oktober 2024 |
Reeks 17 (2024)
wysigReeks 17 van Boer soek 'n Vrou begin op 29 Oktober 2024 op KykNET om 20h00.
Reandi Grey neem oor as aanbieder.
No. algeheel |
No. in reeks |
Episode | Oorspronklike uitsaaidatum |
---|---|---|---|
228 | 1 | 29 Oktober 2024 |
Internasionaal
wysigLande waar die program uitgesaai word:
Land | Naam | Sender | Taal | Aanbieder | Sedert | Webwerf |
---|---|---|---|---|---|---|
Australië | The Farmer Wants a Wife | Nine Network | Engels | Natalie Gruzlewski | 24 Oktober 2007 | Webwerf Geargiveer 19 Februarie 2009 op Wayback Machine |
België | Boer zoekt Vrouw | VTM | Nederlands | Dina Tersago | Maart 2004 | Webwerf |
Bulgarye | Фермер търси жена Fermer tyrsi jena |
Nova Television | Bulgaars | Aleks Surchajieva | 2011 | |
Denemarke | Bonde søger brud | Kanal 4 | Deens | Anne-Dorte | 2006 | |
Duitsland | Bauer sucht Frau | RTL | Duits | Inka Bause | 2 Oktober 2005 | Webwerf |
Land und Liebe | NDR | Duits | Yared Dibaba | 2005 | Webwerf Geargiveer 19 Januarie 2012 op Wayback Machine | |
Estland | Maamees otsib naist | Kanal 2 | Estnies | Krista Lensin | Mei 2007 | Webwerf Geargiveer 22 Februarie 2013 op Wayback Machine |
Finland | Maajussille morsian | MTV3 | Fins | Miia Nuutila Mia Halonen |
26 Maart 2006 | Webwerf |
Frankryk | L'amour est dans le pré | M6 | Frans | Véronique Mounier Alessandra Sublet Karine Le Marchand |
8 September 2005 | Webwerf |
Griekeland | Αγρότης μόνος ψάχνει Agrótis mónos psáchnei |
Alpha TV | Grieks | Sissy Christidou | 2009 | Webwerf Geargiveer 7 Januarie 2013 op Wayback Machine |
Hongarye | Házasodna a gazda | RTL Klub | Hongaars | Lilu | 29 Junie 2012 | Webwerf |
Italië | Il contadino cerca moglie | Fox Life | Italiaans | Simona Ventura | 2015 | |
Kanada | L'amour est dans le pré | V | Frans | Marie-Ève Janvier | 29 Januarie 2012 | Webwerf |
Kroasië | Ljubav je na selu | RTL | Kroaties | Lorena Nosić Marijana Batinić |
2009 | Webwerf[dooie skakel] |
Litaue | Ūkininkas ieško žmonos | TV3 | Litaus | Nijolė Pareigytė | 26 April 2011 | Webwerf Geargiveer 27 April 2014 op Wayback Machine |
Nederland | Boer zoekt Vrouw | Nederland 1 | Nederlands | Yvon Jaspers | 21 November 2004 | Webwerf |
Noorweë | Jakten på kjærligheten | TV2 | Noors | Marthe Sveberg | 24 Augustus 2004 | Webwerf |
Oostenryk | Bauer sucht Frau | ATV | Duits | Katrin Lampe | 2005 | Webwerf Geargiveer 24 Oktober 2012 op Wayback Machine |
Pole | Rolnik szuka żony | TVP1 | Pools | Marta Manowska | 21 Mei 2014 | Webwerf |
Roemenië | Fermier. Caut nevastă | Prima TV | Roemeens | Luana Ibacka | 12 Maart 2009 | |
Serwië | Domaćine, oženi se | Prva | Serwies | Tijana Čurović | 2010, 15 October | Webwerf Geargiveer 1 November 2010 op Wayback Machine |
Slowenië | Ljubezen na seniku / Ljubezen na deželi | TV3 Slovenia Planet TV | Sloweens | Saša Lendero | 18 April 2011 / herfs 2013 | Webwerf Geargiveer 24 September 2015 op Wayback Machine |
Slowakye | Farmár hľadá ženu | TV JOJ | Slowaaks | Aneta Parišková | 2010 | Webwerf |
Suid-Afrika | Boer soek 'n Vrou | KykNet | Afrikaans | Marciel Hopkins (mees onlangse) | 30 September 2008 | Webwerf Geargiveer 25 Maart 2009 op Wayback Machine |
Spanje | Granjero busca esposa | Cuatro | Spaans | Luján Argüelles | 12 Januarie 2009 | Webwerf |
Swede | Bonde söker fru | TV4 | Sweeds | Linda Lindorff | 2006 | Webwerf |
Switserland | Bauer, ledig, sucht... | 3+ | Duits | Marco Fritsche | 2008 | Webwerf |
Tsjeggië | Farmář hledá ženu | TV Prima | Tsjeggies | Laďka Něrgešová | 2010 | Webwerf |
Oekraïne | Фермер шукає дружину Fermer shukaye druzhynu |
STB | Oekraïns | Irina Borisyuk | 30 September 2011 | Webwerf |
Verenigde State | Farmer Wants a Wife | The CW
Fox |
Engels | Matt Neustadt | 30 April 2008
Maart 2023 |