Bramidae
Die Pomfrets (Bramidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is twee subfamilies en ses genera met twintig spesies wat hoort tot dié familie en nege van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Bramidae | |
---|---|
Brama brama | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | Bramidae
|
Genera | |
Brama |
Kenmerke
wysigDie familie se lywe is plat en lank met 'n lang dorsale en anale vinne. Die pektorale vinne is aansienlik langer as die bekken vinne en die stertvin is gevurk. Die grootte wissel van 29 cm tot 1 m. Die familie is pelagiese vis; hulle kom in die oop oseane voor en nooit naby die land nie. Hierdie familie is gewilde prooi vir tuna, makriel en marlyn.
Genus
wysigDie volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Brama
- Brama australis
- Brama brama - Pomfret
- Brama orcini - Tropiese pomfret
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7