Driestert-lipvis
Die Driestert-lipvis (Cheilinus trilobatus) is 'n vis wat in die Indiese en Stille Oseaan en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by sentraal-KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Tripletail wrasse.
Driestert-lipvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Cuvier, 1816
|
Genus: | |
Spesie: | C. trilobatus
|
Binomiale naam | |
Cheilinus trilobatus Lacepède, 1801
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 45 cm lank en beide geslagte het dieselfde kleurvariasies. Die vis het 'n dieplyf met die stertvin se stekels wat oënskynlik uit drie dele bestaan. Die middelste gedeelte van die stekels is langer. Die stertvin is olyf tot bruin van kleur en daar is verskeie kort, vertikale pienk strepe oor die lyf. Daar is ook twee wit bande oor die stertvinbasis. Die kop is bedek fyn, pienk kolletjies en spikkels. Die onvolwasse visse lyk baie soos die volwasse visse met ekstra witterige bande op die lyf en die stertvin is gerond.
Hulle leef in rotsagtige kusareas en aflandige rotsriwwe in water wat 1 tot 140 m diep is. Die vis is 'n alleenloper en vreet klein vissies, skaaldiere en slakke.
Sien ook
wysigEksterne skakel
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3