Die Lipvisse en varkvisse (Labridae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is agt-en-sestig genera met ongeveer 460 spesies in die familie. Sewentig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Labridae
Thalassoma lunare
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Labridae

Cuvier, 1816
Genera

Sien teks.

Kenmerke

wysig

Die familie se lywe is reghoekig tot lank, bedek met klein skubbe en almal het een dorsale vin. Die meeste spesies het dik lippe. Die grootte wissel van 45 cm – 2,3 m;.

Habitat

wysig

Die familie is daglewende jagters wat op skaaldiere, slakke en wurms leef. Sommige spesies vreet ook soöplankton. Gedurende die nag begrawe van die kleiner spesies hulle in die sand om weg te kruip vir roofvisse. Alle spesies van die familie is afwisselende hermafrodiete.

Genera

wysig

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Anampses
  • Anchichoerops
  • Bodianus
  • Cheilinus
  • Cheilio
  • Cirrhilabrus
  • Coris
  • Gomphosus
  • Halichoeres
  • Hemigymnus
  • Hologymnosus
  • Iniistius
  • Labroides
  • Macropharyngodon
  • Novaculichthys
  • Oxycheilinus
  • Paracheilinus
  • Pseudocheilinus
  • Pseudocoris
  • Pseudodax
  • Pseudojuloides
  • Stethojulis
  • Thalassoma

Galery

wysig

Sien ook

wysig