Branderlipvis
Die Branderlipvis (Thalassoma purpureum) is 'n vis wat in die Indies-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika voorkom, vanaf die Rooisee tot by Koffiebaai. Onvolwasse visse is al opgemerk in Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Surge wrasse.
Branderlipvis | |
---|---|
Onderwatervideo | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Cuvier, 1816
|
Genus: | (Swainson, 1839)
|
Spesie: | T. purpureum
|
Binomiale naam | |
Thalassoma purpureum |
Voorkoms
wysigDie vis se lyf is plat en die sylyn buig afwaarts net agter die dorsale vin. Met die eerste fase is die volwasse vis oranje-rooi van kleur met twee horisontale groen rye kolletjies. Die kop en onderste gedeelte van die liggaam is groenerig. Die dorsale vin is rooi en groen by die basis met 'n groen streep in die middel van die vin. Die stertvin is rooierig-oranje met blougroen strepe in.
Daarna word die volwasse vis se lyf blougroen met drie horisontale pienk strepe en die kop is ook blougroen met pienk strepe. Die dorsale en anale vinne is blougroen met pienk strepe in die middel.
Die onvolwasse visse is bruinerig van kleur met w-vorms op die lyf. Die dorsale en anale vinne is lig-oranje met groen strepe op. Die vis word tot 43 cm lank en 1,5 kg swaar.
Habitat
wysigDie vis leef in rots- en koraalriwwe, veral in areas wat blootgestel is aan die beweging van die branders. Die onvolwasse vissies kom in getypoele voor. Die vis vreet skaaldiere, slakke, wurms, vis en seesterre. Die mannetjie is gebiedsgebonde. Die vis kan oorleef in akwariums.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7