Asteraceae
Asteraceae - ook bekend as Compositae - is die madeliefie- en distelfamilie wat behoort tot die orde Asterales. Dit is een van die grootste plantfamilies en kom wêreldwyd voor. Byna een tiende van alle blomdraende plantspesies behoort tot die familie. Wêreldwyd hoort 23 000 spesies tot die familie waarvan 2 400 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is slegs 22 bome. Die plante maak 'n groot gedeelte uit van die lae struikgewas plantegroei van die Karoo en is ook verantwoordelik vir die blommeskouspel in Namakwaland. Baie onkruide soos die knapsekêrel, distel en senecio-spesies is deel van die familie.
Asteraceae | |
---|---|
'n Plakkaat met twaalf verskillende spesies van Asteraceae van die Asteroideae, Cichorioideae en Carduoideae subfamilies | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | Asteraceae |
Tipegenus | |
Aster | |
Subfamilies | |
Asteroideae Lindley | |
Sinonieme | |
Compositae Giseke |
Die blomme van die plante kan in twee soorte getipeer word: madeliefietipe of disteltipe. Die madeliefietipe het kleurvolle, kroonagtige lintblomme terwyl die disteltipe meer buisvormig is, minder blomme het en tot 'n groot mate sonder die kleurvolle kroonblare is. Al die plante het enkelvoudige blare wat meestal afwisselend gerangskik word.
Boomspesies
wysig- Bietou (Chrysanthemoides monilifera)
- Bitterblaar (Brachylaena elliptica)
- Drietandkanferbos (Tarchonanthus trilobus)
- Fynbitterblaar (Brachylaena ilicifolia)
- Kanferbos (Tarchonanthus camphoratus)
- Kuskanferbos (Tarchonanthus littoralis)
- Kusvaalbos (Brachylaena discolor)
- Laeveldbittertee (Vernonia colorata)
- Laeveldvaalbos (Brachylaena huillensis)
- Suurbergkussingbos (Oldenburgia grandis)
- Watervaalbos (Brachylaena neriifolia)
Plantspesies
wysig- Barbertonse madeliefie (Gerbera jamesonii)
- Bergbietou (Dimorphotheca jucunda)
- Bittergousblom (Arctotis fastuosa)
- Botterblom (Gazania krebsiana)
- Gouemagrietjie (Euryops pectinatus)
- Harpuisbossie (Euryops multifidus)
- Heuningmagriet (Euryops virgineus)
- Kakiebos (Tagetes minuta)
- Krisant (Chrysanthemum morifolium)
- Namakwalandse madeliefie (Dimorphotheca sinuata)
- Seepampoen (Arctotheca populifolia)
- Wewenaar (Bidens pilosa)
- Wildecineraria (Senecio elegans)
- Witbotterblom (Dimorphotheca pluvialis)
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Asteraceae. |
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings
wysig- ↑ Scott, L.; Cadman, A; McMillan, I (2006). "Early history of Cainozoic Asteraceae along the Southern African west coast". Review of Palaeobotany and Palynology. 142: 47. doi:10.1016/j.revpalbo.2006.07.010.
- ↑ Germplasm Resources Information Network (GRIN). "Family: Asteraceae Bercht. & J. Presl, nom. cons". Taxonomy for Plants. United States Department of Agriculture, Agricultural Research Service, National Genetic Resources Program, National Germplasm Resources Laboratory, Beltsville, Maryland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 12 Junie 2008.