Draadvinvlindervis
visspesie
Die Draadvinvlindervis (Chaetodon auriga) is 'n vlindervis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf die Aliwal-bank tot by die Oman en ook die Rooisee. Die kleintjies is al by Mosselbaai gevind. In Engels staan die vis bekend as die Threadfin butterflyfish.
Draadvinvlindervis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Subgenus: | Rabdophorus
|
Spesie: | C. (R.) auriga
|
Binomiale naam | |
Chaetodon (Rabdophorus) auriga Forsskål, 1775
|
Voorkoms
wysigDie vis is plat met 'n gryswit, chevron-gestreepte lyf en met 'n geel rugvin, anale vin en stert. Dit het ook 'n swart vlek oor die oog. Die volwassenes het ook 'n swart kol op die rugvin en die rugvin ontwikkel 'n verlengde draad wat verby die stertvin strek. Die vis bly in rots- en koraalriwwe en word 23 cm lank. Hulle kan in akwariums oorleef.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7