Maak hoofkeuseskerm oop

Die ENB-stadion (ook genoem FNB-stadion, Sokkerstad of Soccer City) is 'n stadion in Soweto, Johannesburg, Suid-Afrika. Die stadion is reg langs die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie (SAFA-huis) waar die kantore van FIFA en die Plaaslike Reëlingskomitee vir die 2010 Sokkerwêreldbeker gesetel was.[1] Met 'n kapasiteit van 94 700 is dit die grootste stadion in Afrika.

ENB- of FNB-stadion
Germany Ghana - the stadium after the match.jpg

Bynaam Sokkerstad / Soccer City
Die kalbas
Ligging Johannesburg, Suid-Afrika
Koördinate 26°14′5.27″S 27°58′56.47″O / 26.2347972°S 27.9823528°O / -26.2347972; 27.9823528Koördinate: 26°14′5.27″S 27°58′56.47″O / 26.2347972°S 27.9823528°O / -26.2347972; 27.9823528
Eienaar Stad Johannesburg
Operateur Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie (SAFA)
Kapasiteit 94 700[1][2]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1986[3]
Geopen 1989[4]
Renovasie 2009
Uitgebrei 2009
Boukoste R3,3 miljard
Argitek Boogertman & Vennote, Populous
Huurders
Kaizer Chiefs
Bafana-Bafana
Springbokke
Eerste wedstryd van die 2010 FIFA-Wêreldbeker word tussen Suid-Afrika en Meksiko gespeel
Sokkerwedstryd tussen Argentinië en Suid-Korea tydens die 2010 FIFA Wêreldbeker

Die stadion het sedert sy konstruksie in 1987 as die FNB-stadion bekend gestaan, maar is tydelik na Sokkerstad herdoop om aan FIFA se neutrale borgskap-vereistes te voldoen.[5]

In 1990 het Nelson Mandela sy eerste vrye toespraak in die stadion gelewer, nadat hy uit die vonnis vrygelaat is. Op 10 Desember 2013 is dit as plek vir 'n roudiens vir hom gebruik.[6][7] Dit was ook die tuiste van Chris Hani se begrafnis.[6]

Dit was ook die plek vir die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, wat tussen Nederland en Spanje beslis is. Tydens die wêreldbeker se sluitingseremonie op die dag van die eindstryd het Nelson Mandela sy laaste openbare verskyning hier gemaak.[8]

Inhoud

WedstrydeWysig

Afrikanasiesbeker 1996Wysig

Hoofartikel: Afrikanasiesbeker 1996.
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
13 Januarie 1996   Suid-Afrika 3–0   Kameroen Groep A (opening) 80 000
15 Januarie 1996   Egipte 2–1   Angola Groep A 6 000
18 Januarie 1996   Kameroen 2–1   Egipte Groep A 4 000
20 Januarie 1996   Suid-Afrika 1–0   Angola Groep A 30 000
24 Januarie 1996   Suid-Afrika 0–1   Egipte Groep A 20 000
25 Januarie 1996   Zaïre 2–0   Liberië Groep C 3 000
27 Januarie 1996   Suid-Afrika 2–1   Algerië Kwarteindronde 80 000
31 Januarie 1996   Suid-Afrika 3–0   Ghana Halfeindronde 80 000
3 Februarie 1996   Ghana 0–1   Zambië Klein finale 80 000
3 Februarie 1996   Suid-Afrika 2–0   Tunisië Eindstryd 80 000

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010Wysig

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.

Die stadion is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 ingespan as een van die 10 stadia waar wedstryde gespeel is. Benewens die openingswedstryd en eindstryd, is by die stadion gespeel:

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
11 Junie 2010 16:00   Suid-Afrika 1–1   Meksiko Groep A (opening) 84 490
14 Junie 2010 13:30   Nederland 2–0   Denemarke Groep E 83 465
17 Junie 2010 13:30   Argentinië 4–1   Suid-Korea Groep B 82 174
20 Junie 2010 20:30   Brasilië 3–1   Ivoorkus Groep G 84 455
23 Junie 2010 20:30   Ghana 0–1   Duitsland Groep D 83 391
27 Junie 2010 20:30   Argentinië 3–1   Meksiko Agste eindronde 84 377
2 Julie 2010 20:30   Uruguay 1–1 (4–2 n.S.)   Ghana Kwarteindronde 84 017
11 Julie 2010 20.30   Nederland 0–1 (e.t.)   Spanje Eindstryd 84 490

Afrikanasiesbeker 2013Wysig

Hoofartikel: Afrikanasiesbeker 2013.
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
19 Januarie 2013   Suid-Afrika 0–0   Kaap Verde Groep A (opening) 50 000
19 Januarie 2013   Angola 0–0   Marokko Groep A 25 000
10 Februarie 2013   Nigerië 1–0   Burkina Faso Eindstryd 85 000

RugbyWysig

Die stadion is ook sedert 2010 vir die eerste keer vir rugbywedstryde gebruik. Die Springbokke het op 21 Augustus 2010 tydens die 2010-Drienasiesreeks hier teen die All Blacks gespeel.

KonstruksieWysig

Die ENB-stadion het 'n massiewe opgradering vir die 2010 Wêreldbeker ondergaan. Die stadion se nuwe ontwerp is deur die vorm van 'n Afrikapot geïnspireer.[9]

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 "Soccer City". FIFA. Besoek op 30 Junie 2008. 
  2. "Stadia". Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie. Besoek op 30 Junie 2008. 
  3. "2010 FIFA World Cup - the beautiful game" (in Engels). Eerste Nasionale Bank. Besoek op 30 Junie 2008. 
  4. Lucille Davie (23 Januarie 2007). "Soccer goes back 120 years in Joburg". City of Johannesburg. Besoek op 30 Junie 2008. 
  5. Storm bars los oor Soccer City ná WB, Nuus24, 17 Julie 2010.
  6. 6,0 6,1 2010 FIFA World Cup – Soccer City. In: fifa.com. Besoek op 10 Junie 2010.
  7. http://www.gov.za/speeches/view.php?sid=42524
  8. "Nelson Mandela, South Africa's anti-apartheid icon, dies aged 95". The Telegraph. Besoek op 10 Desember 2013
  9. [1][dooie skakel]

Eksterne skakelsWysig

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.