Breëkopslaper
(Aangestuur vanaf Eleotris melanosoma)
Die breëkopslaper (Eleotris melanosoma) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Transkei. Die vis kom ook voor in die Indiese-Pasifiese area. In Engels staan dit as die broadhead sleeper bekend.
Breëkopslaper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. melanosoma
|
Binomiale naam | |
Eleotris melanosoma Bleeker, 1852
|
Voorkoms
wysigDie vis is donkerbruin tot swart van kleur en het partykeer 'n reeks horisontale lyne op die lyf en word tot 170 mm lank. Die vis het 'n groot bek.
Habitat
wysigDie vis is geheimsinnig en leef op modderige gedeeltes van strandmere en wortelboom-moerasse en partykeer ook in varswater.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Eksterne skakel
wysig