Fistulariidae
Die Fluitbekke (Fistulariidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Syngnathiformes behoort. Daar is slegs een genus met vier spesies in hierdie familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Fistulariidae | |
---|---|
Gladde fluitbek, Fistularia commersonii | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Fistulariidae
|
Genus: | Fistularia Linnaeus, 1758
|
Spesies | |
Sien teks. |
Kenmerke
wysigDie lyf en snoet is ongewoon lank en die snoet is pypvormig. Skubbe is normaalweg afwesig of verminder tot klein knoppies aan die lyf. Die stertvin is gevurk met die middelste gedeelte wat in 'n lang punt eindig. Die grootte wissel van 1.2 tot 1.5 m.
Genus
wysigDie volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Fistularia
- Fistularia commersonii - Gladde fluitbek
- Fistularia petimba - Geriffelde fluitbek
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
wysig- ↑ Sepkoski, Jack (2002). "A compendium of fossil marine animal genera". Bulletins of American Paleontology. 364: 560. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2011. Besoek op 25 Desember 2007.