Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 883 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.
Hahahaha hoe lekker lag ek nou, neeee glad nie 'n buffel nie . . . . 'n wildebees ja!!! hahaha Nee, ek spot sommer. Ag wat, ek sal seker eendag verstaan hoe dinge hier werk, net bietjie meer tyd nodig. Toe ek so 'n klompie jare terug die internet ontdek was my eerste woorde in die Google search; Vincent van Rooyen . . . . . NIKS!! . . . , mondfluitjie in Suid Afrika . . . . NIKS!! . . . , Bekfluitjie . . . NIKS!! Soos jy kan sien is ek mal oor mondfluitjies. Toe begin ek maar self inligting bymekaar maak en op my Blog pos. Ek het al lank geprokrastineer om 'n begin te maak hier, nie so maklik as wat ek gedink het nie. Maar ek sal werk maak aan oom Vinnie se artikel en leer soveel as wat ek kan, sal seker eendag my inligting aangaande RSA Mondfluitjie spelers ook in 'n artikel hier pos, net baie meer voorbereiding doen. Lekker aand vir jou!! - Groette Japie Goosen (kontak) 18:46, 9 Mei 2016 (UTC)Beantwoord
Nuutste opmerking: 8 jaar gelede2 opmerkings2 mense in gesprek
Ken jy daai ou fluiter, Japie? Ek ken ongelukki nie al die terme nie. (Ek is 'n kaaskop). Indien jy dit wat Afrikaanser sou kon maak, sou ek dankbaar wees.