Hallo Liesel123, hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia!
|
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
|
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 121 044 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
|
|
Verifieerbaarheid Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
|
|
Geselshoekie Die gewilde bymekaarkomplek
|
|
Geen oorspronklike navorsing Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
|
|
Sandput Eksperimenteer na hartelus
|
|
Neutrale standpunt Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
|
|
Redigeringsinstruksies Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
|
|
Wat Wikipedia nie is nie Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
|
|
Beelde As jy beelde wil oplaai
|
|
Beleefdheid Ken jou maniere
|
|
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel Soms sê die naam alles
|
Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.
|
|
– K175 (skil 'n appeltjie) 12:25, 3 Mei 2020 (UTC)Beantwoord
Gebruiker:Liesel123, Hierdie is 'n ensiklopedie en ons skryf nie in die eerste persoon nie. Ons het tans 191 leerders in ons skool (2020) wat ons ‘n gemiddeld van 19 leerders per klas gee wat ‘n ongelooflike voordeel vir enige leerder en ouer is. Ons skool het vanaf 2020 een gr. R en gr. 1 Engelse klas verwelkom. Hierdie is nie ensiklopedies gestel nie en die mening van ongelooflike voordeel is onvanpas.
Hierdie is ook nie nodig nie: Sy wil sien dat elke leerder toegerus is vir die uitdagende tye waarin ons onsself bevind. Dit is nie neutraal nie en kan nie bevestig word nie.
Groete! Oesjaar (kontak) 12:01, 3 Mei 2020 (UTC)Beantwoord