Gereformeerde kerk Harare

Die Gereformeerde kerk Harare was ’n gemeente van die GKSA met middelpunt in die Zimbawiese hoofstad, Harare, wat vir die grootste deel van sy bestaan as die Gereformeerde kerk Salisbury bekendgestaan gestaan het.

Gereformeerde Kerk
Harare
Sluit in  Harare
Klassis  Trans-Limpopo
Huidige predikant(e)  M.C. Boshoff (laaste)
Belydende lidmate  102 (1978)
Dooplidmate  34 (1978)
Adres H.v. Nicholl- en McChlerylaan
Eastleigh, Harare
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1914
Eerste predikant  Pieter Snyman
Datum ontbind  1984

Hierdie gemeente is reeds in 1914 gestig, 13 jaar ná die NG gemeente Salisbury, wat vandag (2016) nog bestaan. Met die land se onafhanklikwording in 1980 het Salisbury nog 80 belydende lidmate gehad nadat die belydende en dooplidmate 20 jaar vantevore onderskeidelik 170 en 145 was, die grootste gemeente in die destydse Klassis Trans-Limpopo, waartoe al die kerke in Suid-Rhodesië, Noord-Rhodesië en Kenia toe behoort het.

Hier het die orrel van die Gereformeerde kerk Eldoret in Kenia ’n tuiste gevind, maar eindelik het dit ’n staanplek in die Gereformeerde kerk Chinhoyi gevind, die laaste Gereformeerde kerk in Zimbabwe. Die Gereformeerde kerk Harare het in 1984 ontbind, drie jaar ná die Gereformeerde kerke Bulawayo, Fort Victoria-Nuanetsi en Gwelo Gatooma.

Predikante

wysig
  1. Snyman, Pieter Gert Wessel, 1944 – 8 Februarie 1948 (oorlede in die amp; blykbaar woonagtig op Enkeldoorn)
  2. Kempff, dr. Dionysius, 1953 – 1957
  3. Maritz, Willem Johannes, 1958 – 1961
  4. Van Wyk, dr. Jan Harm, 1962 – 1965
  5. Bester, Gert Barend Cornelius, 1965 – 1968
  6. Boneschans, Jan Hendrik, 1969 – 27 Oktober 1971
  7. Du Plessis, dr. Marthinus Johannes, 1973 – 1975
  8. Kits, Jelte, B.Com., 1976 – 1977
  9. Boshoff, Marthinus Christoffel, 1979 – 1982 (in kombinasie met Sinoia)

Galery van leraars

wysig

Bronne

wysig
  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

wysig