Gerhard Berger
Gerhard Berger (gebore 27 Augustus 1959) is 'n Oostenrykse voormalige Formule Een renjaer. Hy het vir 14 seisoene aan Formule Eenrenne deelgeneem, twee keer derde algeheel geëindig in die kampioenskap (1988 en 1994), albei kere vir Ferrari. Hy het tien Grands Prix gewen, asook 48 podiumplekke en 21 vinnigste rondtes behaal. Met 210 wegspronge is hy een van die mees ervare Formule Een bestuurders van alle tye. Hy was voor in 33 van die 210 wedrenne waaraan hy deelgeneem het en het in 95 van hulle uitgeval. Sy eerste en laaste oorwinning was ook die eerste en laaste oorwinnings vir die Benetton-span, elf jaar uit mekaar. Hy was ook 'n wedrenwenner vir Ferrari en McLaren. Berger was Ayrton Senna se spanmaat by McLaren, en hy het saam met Senna bygedra tot die vervaardigerskampioenskapstitels wat die span in 1990 en 1991 verower het.
Gerhard Berger | |
---|---|
Berger by die 1991 Verenigde State Grand Prix
| |
Geboortedatum | 27 Augustus 1959 |
Geboorteplek | Wörgl, Oostenryk |
Nasionaliteit | Oostenryker |
Aktiewe jare | 1984–1997 |
Ou span(ne) | ATS, Arrows, Benetton, Ferrari, McLaren |
Inskrywings | 210 |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 10 |
Podiums | 48 |
Loopbaanpunte | 385 |
Voorste wegspronge | 12 |
Vinnigste rondtes | 21 |
Eerste F1-wedren | 1984 Oostenrykse Grand Prix |
Eerste wen | 1986 Meksikaanse Grand Prix |
Laaste wen | 1997 Duitse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 1997 Europese Grand Prix |
Van 2006 tot 2008 het Berger 'n 50%-aandeel in die Scuderia Toro Rosso Formule Een-span besit.
Grands Prix gewen
wysigJaar | Grand Prix gewen | Span | Renmotor |
---|---|---|---|
1986 | Meksikaanse Grand Prix | Benetton Formula | Benetton-BMW |
1987 | Japannese Grand Prix | Scuderia Ferrari | Ferrari F1/87 |
1987 | Australiese Grand Prix | Scuderia Ferrari | Ferrari F1/87 |
1988 | Italiaanse Grand Prix | Scuderia Ferrari | Ferrari F1/87-88C |
1989 | Portugese Grand Prix | Scuderia Ferrari | Ferrari 640 |
1991 | Japannese Grand Prix | McLaren-Honda | McLaren MP4/6 |
1992 | Kanadese Grand Prix | McLaren-Honda | McLaren MP4/7A |
1992 | Australiese Grand Prix | McLaren-Honda | McLaren MP4/7A |
1994 | Duitse Grand Prix | Scuderia Ferrari | Ferrari 412T1B |
1997 | Duitse Grand Prix | Benetton Formula | Benetton-B197 |