Gespikkelde valkvis
visspesie
Die Gespikkelde valkvis (Cirrhitichthys oxycephalus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die Spotted hawkfish.
Gespikkelde valkvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. oxycephalus
|
Binomiale naam | |
Cirrhitichthys oxycephalus (Bleeker, 1855)
|
Voorkoms
wysigDie vis se lyf is bedek met bruin of rooi vlekke in rye en kolomme terwyl daar kleiner kolle is op die kop en onderste gedeelte van die lyf. Die vis word tot 9 cm groot.
Habitat
wysigDie vis verkies koraal- en rotsriwwe om in te leef in dieptes van 2 – 40 m. Die vis pas maklik in akwariums aan.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
wysig- Cirrhitichthys oxycephalus by Fishbase.