Gordel-nooientjie
Die Gordel-nooientjie (Plectroglyphidodon leucozonus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Oos-Londen. Enkelinge is ook al by Knysna gevind. In Engels staan die vis bekend as die Sash damsel.
Gordel-nooientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. leucozonus
|
Binomiale naam | |
Plectroglyphidodon leucozonus | |
Sinonieme | |
Voorkoms
wysigDie vis se kop en lyf is geel bruin en die skubbe se rante is donkerder. Daar is 'n wit vertikale baan oor die vis se sye wat mag verdwyn soos die vis ouer word. Daar is 'n swart kol by die basis van die pektorale vinne. Die boonste punt van die stert is meestal wit. Die onvolwasse visse het swart kolle agter, onder die dorsale vin. Die vis word tot 12 cm groot.
Habitat
wysigDie vis verkies om in rots strande en riwwe te leef in water wat tot 4 m diep is. Die onvolwasse vissies bly in getypoele. Die visse is territoriaal van aard.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7