Historiese roman
'n Historiese roman is 'n literêre genre.
Die historiese roman is 'n roman wat gebaseer is op persone en gebeurtenisse uit die geskiedenis. Die verhouding tussen wat histories is en wat fiksie is, verskil van skrywer tot skrywer en van roman tot roman.
Die historiese roman het veral bekend geword in die Romantiek deur die werke van sir Walter Scott. Die genre is egter in baie nasionale literature verteenwoordig:
- In die Afrikaanse letterkunde: André P. Brink, Karel Schoeman.
- In die Franse letterkunde: Alfred de Vigny, Victor Hugo, Alexandre Dumas, Honoré de Balzac, Émile Zola, Gustave Flaubert en Marguerite Yourcenar.
- In die Engelse letterkunde: Walter Scott, Daniel Defoe, Jonathan Swift, Henry Fielding, Thomas Hardy.
- In die Italiaanse letterkunde: Alessandro Manzoni, Umberto Eco en Rita Monaldi en Francesco Sorti.
- In die Russiese letterkunde: Leo Tolstoi en Aleksandr Solzhenitsyn.
- In die Poolse letterkunde: Henryk Sienkiewicz.
- In die Vlaamse letterkunde: Hendrik Conscience, Louis Paul Boon en Anne Provoost.
- In die Nederlandse letterkunde: Jacqueline Zirkzee, Jacob van Lennep, Geertruida Bosboom-Toussaint, Louis Couperus, Arthur van Schendel, Simon Vestdijk, Hella Haasse, Theun de Vries, Johan van de Walle, Inez van Dullemen, P.F. Thomése, Thomas Rosenboom, Thea Beckman en Arthur Japin.
- In die Surinaamse letterkunde: Albert Helman, Cynthia Mc Leod en John de Bye.
- In die Latyns-Amerikaanse letterkunde: Gabriel García Márquez, Alejo Carpentier, Carlos Fuentes en Mario Vargas Llosa.