Streepkol-klipspringer
(Aangestuur vanaf Istiblennius dussumieri)
Die Streepkol-klipspringer (Istiblennius dussumieri) is 'n vis wat in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Streaky rockskipper.
Streepkol-klipspringer | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | I. dussumieri
|
Binomiale naam | |
Istiblennius dussumieri (Valenciennes, 1836)
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 10 cm lank. Die vis se lyf is lig van kleur met bruingroen vertikale, breë strepe oor die sye wat nouer word aan die onderkant en in twee verdeel. Die breë strepe word kolletjies aan die bokant van die vis se lyf. Daar is 'n tentakel bokant die oë. Hulle leef op rotsstrande en tussen getypoele in water wat selde dieper as 1 m is. Die visse is alleenlopers of bly in klein groepies saam. Hulle vreet draderige alge.
Sien ook
wysigEksterne skakel
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3