Die Blennies (Blenniidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is ongeveer drie en vyftig genera met meer as 350 spesies wat hoort tot dié familie en vyf en veertig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Blenniidae
Meiacanthus atrodorsalis
Blennius ocellaris
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Blenniidae
Genera

Sien teks.

Kenmerke

wysig

Die familie is klein met lang, dunnerige lywe. Daar is geen skubbe op die lyf nie. Die dorsale vin is lank en bedek feitlik die hele rug. Die bekkenvin is elementêr met slegs een stekel en slegs vir strale. Die grootte wissel van 3 – 60 cm.

Habitat

wysig

Die Blennies is alleenswemmers wat gewoonlik op die bodem in die skadu kant van riwwe op hul bekken vinne rus. Hulle kom ook voor in getypoele.

Genera

wysig

Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Aspidontus
  • Cirripectes
  • Ecsenius
  • Entomacrodus
  • Exallias
  • Istiblennius
  • Omobranchus
  • Parablennius
  • Plagiotremus
  • Scartella
  • Xiphasia

Sien ook

wysig