Goue blennie
Die Goue blennie (Ecsenius midas) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Golden blenny.
Goue blennie | |
---|---|
Ecsenius midas | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. midas
|
Binomiale naam | |
Ecsenius midas Starck, 1969
|
Voorkoms
wysigDie kop het 'n stomp voorkoms en daar is 'n naaldagtige uitgroeisel op die neus. Die vis se kop en lyf is goud van kleur met 'n swart kol onder die pens by die anus. Die dorsale vin se rant is swart en die vis word tot 10 cm groot.
Habitat
wysigDie vis leef in koraalriwwe in water wat 5 – 30 m diep is en vreet soöplankton. Hulle kom dikwels in skole voor.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
wysig- Ecsenius midas by Fishbase.